Ons by Mooi Troues is opgewonde om die troue van Jacques en Helia met julle te deel.
Die Bosveld landskap en Heila se selfdoen kreatiwiteit het perfek saam gewerk. Heila het vir dekor self die blomme rangskik en Bonsai boompies as middelstukke vir die onthaal tafels gebruik. Heila met die kleur Serenity gegaan; Omdat jy nie tafeldoeke en servette in die kleur kry nie het Heila se ma vir die troue die tafel-lopers en servette gemaak.
โn Briljante idee wat Jacques en Heila gedoen het vir hul troue was om โn Biertent met โn groot-skerm op te rig sodat hul gaste โn rugby wedstryd kan kyk terwyl hul besig was met hul fotosessie. Dit het verseker dat die gaste nie verveeld raak of die wedstryd mis nie.
Hulle het ook die Suid-Afrikaanse tema sterk gehou met Melktertjies as heildronk-drankies in plaas van die tradisionele vonkelwyn.
Blaai deur Jacques en Heila se fotos en lees hul antwoorde propvol inspirasie op Mooi Troues se vrae.
Vertel ons hoe het julle ontmoet?
Ek en Jacques het by โn huis-partytjie van Hoรซrskool Randburg ontmoet. Ek was 15 en hy was 17. Hy het sy heel beste sokkie passies uitgeruk en my knieรซ sommer lam gedans. Ons liefde vir dans, musiek, en om mekaar te kan laat lag, het ons na mekaar toe aangetrek en bymekaar gehou. 10 Jaar later het ons ons herdenking op ons wittebrood gevier.
Vertel ons meer van die inspirasie van die styl van die troue?
Ons het altyd geweet ons wil โn bosveld troue hรช. Sonder die tipiese bosveld kleure en wilde diere as agtergrond. โn Bruilof waar al ons vriende en familie ons liefde vir mekaar vir โn hele naweek in die bos kon vier. Ons het Goedgedacht as venue gekies omdat dit die bosveld en โn stylvolle venue met natuurlike hout en wit detail perfek gekombineer het. Met ons dekor wou ons wegbreek van die tradisionele blomme en ons het โn minimalistiese styl gekies. Ons het ons inspirasie gevind by feetjie liggies, verweerde palette en klein Bonsai boompies met grys-blou potte. Ons wou ook die spesiale elemente van ons kultuur inbring en ons het besluit op Melktertjies in plaas van vonkelwyn en โn Biertent waar ons gaste die rugby wedstryd tussen die Springbokke en die โAll Blacksโ kon geniet terwyl ons fotos neem.
Vertel ons van jul wittebrood?
Jacques het my verras met โn asemrowende wittebrood na die eksklusiewe en ongerepte White Pearl Resort in Mosambiek. Met die spierwit sand en deurskynende turkoois water was dit beter en meer romanties as wat ek ooit kon droom. Ons huisie was reg op die strand gebou en ons het ons eie swembad gehad met โn privaat paadjie tot by die see. โn Week van luilekker kuier saam met my man op die wit strand beddens met โn skemerkelkie in die hand. Die perfekte einde vir ons trou-storie!
Enige advies aan paartjies wat hul troue beplan?
As ons terugkyk na ons troudag kan ons met oortuiging sรช dat ons niks sou wou verander nie. Dit was ons perfekte dag.
Hier is โn paar wenke wat ons op die pad geleer het:
- Besluit op die aantal gaste wat julle graag sal wil nooi en deel dit van die begin af gelyk tussen die bruid en bruidegom se familie en vriende.
- Moet nie stres oor dinge wat julle nie kan beheer nie โ Soos die weer. Die dammetjie onder ons kerkie was ongelukkig dolleeg en sonder Waterlelies omdat ons troudag in die middel van โn droogte geval het. Soos ons fotograaf oor ons troudag gesรช het: โWhen life gives you lemons, make Mojitoโs!โ Onweer, droogte en ander โongewensteโ weerstoestande maak die mooiste fotos.
- Moet nie bang wees om jou dekor en blomme self te doen nie. Dit is so bevredigend om op jou troudag te sien hoe mooi alles lyk en dat jy dit self gemaak het. Ek het vas besluit op โn spesifieke blou-grys kleur โ Serenity. Omdat ons nรชrens tafeldoeke of servette in hierdie kleur kon kry nie het my ma dit vir ons gemaak en ek het die wit vlinders op elke tweede servette geverf. Die paar ure op jou troudag gaan so vinnig verby. Maak die beplanning deel van die lekker.
- As julle by โn venue trou wat โn entjie se ry is โ onthou om van die begin af die reiskoste van die verskaffers in ag te neem. Dit tel verskriklik vinnig op na โn reuse bedrag.
Wat was jul begroting vir jul troue?
Ons begroting vir die hele troue was R200 000. As gevolg van die blomme en dekor wat ons meestal self gedoen het, het ons troue op die ou einde net so onder dit gekos.
Diensverskaffers:
- Venue: Goedgedacht Wedding Venue
- Blomme: Flower Market by Menlyn Maine
- Rok: Vonve Bridal Couture
- Koek en peuselhappies tydens regmaak: COCU by Arlene
- Fotograaf: Simone Franzel
- Grimering en hare: Tris Alves Makeup & Beauty
- Videograaf: First KissFirst Kiss Videography
- Platejoggie, Klank & Beligting, Grootskerm TV vir rugby: AJR Audio Productions & Sound
- Huur van tent vir rugby en biertuin: Cutting Edge Tents
- Huur van biertent tafels en stoele: SoWhere2Events Event Management and Decor
- Bier vir die biertent: Matrix Bars
- Dekor (servette, tafeldoeke, blommehouers en liggies): Self aangekoop en gemaak