Simon & Marinette se troudag

In de Wes-Kus, Paternoster is Gelukkie ‘n trou venue waar jy ‘n gemaklike atmosfeer troue kan hou en dit is hoekom Simon en Marinette die venue gekies het.  Gelukkie voorsien ook verblyf en Simon en Marinette se geliefdes het die hele naweek by gelukkie spandeer.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ons is albei Hoërskool onderwysers en ons het by die werk ontmoet in 2011.  Simon het Engels gegee en ek is die skool sielkundige, en bied lewens oriëntering en toerisme aan.

Die eienskappe wat my aan Simon aangetrek het is sy goeie sin van humor en ‘n wonderlike positiewe uitsig op die lewe.  Hy laat my lag en dit is vir my belangrik.
Marinette is ‘n vriendelike, sosiale mens, wat vir my grappies  lag en sy hou my op die regte pad, wat glo ‘n moeilike ding is om te doen.  Ons geniet die lewe en mekaar se geselskap.

Deel met ons die inspirasie vir styl van die troue en hoekom het julle die venue gekies?


Ons troue was geïnspireer deur ons gemaklike persoonlikhede. Ons wou albei ons trou dag geniet het, en gedeel het met ons vriende in ‘n rustige; informele omgewing.

Gelukkie was die perfekte venue vir ons.  Die oomblik wat ons daar in gestap het, het ons geweet dit was die regte plek vir ons troue.  Die atmosfeer by Gelukkie is onbeskryfbaar en Cindy en Ruth het ons harte dadelik gewen met hulle warm geaardhede.

Was julle met wittebrood?


Ons het getrou  in Julie 2016, maar kon eers op wittebrood gaan in September as gevolg van skool vakansie.  Ons was Phuket toe in Thailand vir 10 dae.  Dit was ‘n wonderlike ervaring en ons het die beste gemaak van die 10 dae.  Ons het gesnorkel, was op ‘n paar uitstappies en het ‘n hele klomp ander Suid-Afrikaners ontmoet.

Wat sou jul verander het as jul kon?


Ons sou niks verander het nie.  Gelukkie was fantasties!  Cindy het alles perfek gedoen.  Die venue was pragtig en dit was ‘n dag wat ons nie sal verander nie.  As ons rêrig iets kon verander het sou ons vroeër bed toe gegaan het die aand voor die tyd.

Advies wat julle aan ander paartjies wat nog hul trou beplan?


Ons advies sal wees dat die trou paartjie terug sit en dit geniet.  Vertrou dat die mense wat julle help met julle troue weet wat hulle doen.  O, en gaan slaap vroeg die vorige aand!

Wat was julle trou begroting?


Ons troue was op ‘n Vrydag aand en ons hele familie en die trou groep het in Paternoster gebly van die Donderdag tot die Sondag.  Die begroting het dus verblyf ook in gesluit vir ‘n klompie mense.  Daar was begroot om R100,000 te spandeer en die totaal was omtrent R120,000.

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Venue, dekor, kos:  alles deur Gelukkie verskaf
  • Uitnodigings en alle Spyskaarte: Downright Creative
  • Fotograaf: Lara Du Plessis
  • Hare en Grimering: Bianca Janse van Rensburg
  • Platejoggies: SKS entertainment
  • Trou koek: ‘n Vriendin  Jill Walsh