Sefraas & Su-Anne se besonderse selfdoen troue in Limpopo

Amper op die grens van Botswana met die Afrika son wat sak slaan Su-Anne, in ‘n trourok van Timeless Bridal Couture, die asem van Sefraas weg.

By Mooi Troues word ons asems weg geslaan met die dekor van Sefraas & Su-Anne se besonderse selfdoen troue in Limpopo en ons kan skaars glo die trou dekor was self gedoen met behulp van vriende en familie nie.

Asemrowende mooi troue vol inspirasie.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ons het mekaar ontmoet die dag van ons troue 5 jaar terug by ‘n troue van gemeenskaplike vriende.  Die dag daarna het Serfaas my genooi vir ‘n koffie en ons koffie het uitgedraai in ‘n aand se gesels.  Ons het vinnig agtergekom dat ons ‘n liefde deel vir God en Afrika, die son sak in die bosveld, vroeë oggende by die see, mense van verskeie kulture en natuurlik die wonderlike mense in beide se lewens.  Saam is daar nooit n tekort aan lag, avontuur, deel, omgee en om die lewe in sy volheid te ervaar nie.

Wat sou jul verander het as jul kon?


Ek sou die seremonie bietjie vroeër begin om die dag langer te maak, want voor jy jou oë uitvee is als verby.

Was julle met wittebrood?


Ons wittebrood was ‘n totale verrassing en ek het eers op ons tussen-stop in Hong Kong uitgevind dat ons na die kultuur-ryke Bali gaan.  Na byna 24 uur se reis het ons eindelik by die mooiste paradys tussen die ryslande uitgekom aan die Noordelike kuslyn van Bali.  Met die vriendelikste mense, heerlike koffie en avontuur om elke hoek en draai het ons wittebrood my wildste verwagtinge oortref.  Aan die begin van ons laaste week op die eiland in Indonesië het my sussie en haar kêrel ons wittebrood kom kaap en ons het met familiêre gesigte die res van ons avontuur aangepak, met ‘n soektog na wit strande en vulkane…

Vertel ons meer van die styl van jul troue?


Die dag wat ons begin droom het oor ons troudag kon ons aan niks beter dink as ‘n lekker naweek waar ons feesvier saam met ons naaste vriende en familie nie.  Ons naweek troue was ‘n simfonie van als waarvoor ons lief is.  Ons het met ‘n skoon palet gegaan met wit, groen en sagte pienk hier en daar.  Sienende dat ons beide lief is vir Afrika en ons verloof geraak het in Frankryk, het ons venue ons gevind… Bordeaux Game Farm (wat vernoem is na ‘n dorpie in die Franse platteland) is gebaseer net voor die grens van Botswana in Suid Afrika.  Met ‘n asemrowende sonsondergang,  elegante simplistiese dekor, olyfbome, peonies, ongelooflike mense, musiek en goeie wyn was ons dag als waaroor ons gedroom het.

Advies aan paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Excel sigblaaie het ons lewe baie makliker gemaak van die begin af.  Ons het met ons ouers gesels en het besluit om almal ‘n kwart in te sit van die groter begroting (dit het gehelp dat ons beide al ‘n rukkie werk en ‘n spaar geldjie het).

Moenie van die klein goedjies vergeet nie want dit tel als op, op die ou-end.

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]