Johan & Anri se stylvolle troue

Wanneer Blooming Wonderful die dekor doen van ‘n troue kan jy maar weet dit gaan ‘n baie stylvolle affêre wees.   Sien onder die dekor van Johan en Anri se trou dag, dit is vars en skoon.

Johan en Anri sê ook dat paartjies nie te lank verloof moet wees en so gou moontlik na hul verloof geraak het weg te spring met die trou reëlings; om die proses vir julle maklik te maak lees Mooi Troues se advies artikels en ons belowe die reëlings sal seepglad verloop en besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids vir professionele diensverskaffers.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ons albei het gestudeer op die Universiteit van Stellenbosch en het deur ons vriende bymekaar uitgekom.  Ek het een aand na kerk met hom gesels, en van toe af het ons gekuier met mekaar.  Ek was mal oor hom van die begin af.  Sy mooi bene en sterk arms het my dadelik na hom aangetrek, maar hy het ook alle eienskappe getoon wat vir my belangrik was in my man.  Johan het van my oë gehou en die wit truitjie wat ek aangehad het.  Hy sê dit het my soos ‘n engel laat lyk.  Vandag is ons mekaar se beste maatjies en kan nie die lewens indink sonder mekaar nie.

Vertel ons meer oor die styl van jul troue?


Ons wou ‘n rustieke en elegante tema gehad het, met ivoor, groen en sagte skakerings.  Die troue het plaasgevind my die mooie Langverwagt, net buitekant Stellenbosch.  Die tuine is pragtig en vol voetpaadjies.  Die wingerd net langsaan is iets besonders.  Ons het eenvoudige smaak en wou ‘n intieme troue gehad het.  Dit is presies hoe dit  was – pragtig en intiem.

Was julle met wittebrood?


Ons wittebrood was in Mauritius!  Ons het sewe wonderlike dae geniet in die idilliese oord, Veranda, in die noorde van Mauritius.  Ons het die buffet elke oggend, middag en aand benut en eindelose skemerkelkies geniet.  Ons was kort kort in die swembaddens of op die strand en het lekker bruin terug gekom.  Dis was ‘n onvergeetlike ervaring!


Wat sou jul verander het as jul kon?


Ons sou korter verloof wou gewees het, nege maande is effens lank.  Verder was ons dag perfek en ons is baie gelukkig getroud!  ‘n Ware sprokiesverhaal.

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?


Moenie ‘n lang verlowing hê nie, ‘n mens kort nie meer as ses maande om ‘n troue te reël nie.  Bespreek eers jou venue, fotograaf, en videograaf (as julle een wil hê), hulle word vinnig vol bespreek. Dit help baie as julle ‘n trou venue kry wat al die basiese goed vir jou verskaf, bv. tafels, stoele, eetgerei ens.  Sodra julle datum vas is, kan julle verder rustig beplan.  Moenie te erg op die reëlings fokus nie, onthou nog dit is die viering van jou en jou maat se liefde!

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]