Hoekom ons by Mooi Troues sê Donovan en Elaine se verlowing fotosessie is inspirerend is om rede die paartjie ‘n ander element gebruik het as die gewone en dit is om die fotosessie by ‘n venue te hou waar hul gebruik gemaak het van ‘n bank.
Donovan was eers huiwerig om die fotosessie te doen, maar ons by Mooi Troues is bly het van plan verander.
Vertel ons hoe het julle ontmoet?
Ons het ontmoet op die 24ste Oktober 2014. Dit was na twee weke se tydlose gesprekke oor die foon waar ons altyd iets gehad het om oor te gesels. Van dag een af het dit al gevoel asof ons mekaar vir jare ken. Ons kon nie wag om mekaar offisieel te ontmoet nie en het besluit om op ‘n tradisionele, romantiese Eerste Afspraak te gaan.
Ons was baie opgewonde oor die aand en het iets gevoel tussen ‘n senuwee-wrak en tog baie kalm. In my rooi rok het ek hom sien aanstap en onmiddellik my hart voel vinniger klop. Dit was ‘n aand vol pret en eindelose gesprekke. Ons het mekaar se geselskap vreeslik geniet en net daar en dan geweet ons is vir mekaar bedoel. Vir die eerste 6 maande was daar baie kilometers gery en baie Gautrain trips geneem. Die 60km tussen ons kon ons nie keer om mekaar te sien nie. Ons het in minder as ‘n jaar meeste van die Coetzer’s, Pelser’s, du Plessis en Robertse’s ontmoet.
Na 1 jaar op 30 Oktober 2015, onder duisende sterre in een van die mooiste plekke wat ons nog ooit gesien het, het Donovan my gevra om met hom te trou. Dit was ‘n oomblik wat ons nooit sal vergeet nie vol emosies en opgewondenheid. Ons sien uit daarna om die res van ons lewe saam te spandeer.
Eienskappe wat jul na mekaar aangetrek het?
Donovan sê dit was my reinheid en ondeskundigheid, my oë en my lag en my liefde vir God. Van my kant af was dit Donovan se opregtheid en eerlikheid, hoe hy oopgemaak het teenoor my en my baie veilig laat voel het.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie?
Donovan wou nooit ‘n verlowing sessie gedoen het nie, maar toe Annemé aanbied om ons fotos te neem toe verander Donovan van plan, die fotos se resultate het ons laat besef dat dit die moeite werd was. Dit is herinneringe wat ‘n mens nooit kan terugkry nie.
Vertel ons van jul droom troue?
Ons droom troue is presies wat ons gehad het. Familie, vriende, kollegas, baie gelag, gehuil, gedans en baie pret gehad.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Milk Photography
- Venue: Lace on Timber