In die kiekies kan ons die passie en liefde tussen Marcel en Bianca sien straal en dat die paartjie absoluut gemaklik is met mekaar. Lees onder meer van hul liefdes verhaal; Ons by Mooi Troues dink regtig die storie is mooi.
Vertel ons hoe het julle ontmoet?
Marcel: Ek en Bianca is al nege jaar vriende. Bianca was die tipe vriendin wat moeilik is om te vind en onvervangbaar sal bly. Sy was my klankbord op verskeie onderwerpe, veral oor verhoudings en die maatstaf waarteen ek elke meisie opgemeet het; Maar toe besef ek , ek is eintlik verlief op my beste vriendin.
Bianca: Dit het reg voor my oë gebeur, die man wat oorkant die tafel gesit het, het ek omskep in die persoon wat ek wou soen aan die einde van die nag. Ek wou hom “deps” vir my! Alles het skielik op ‘n dag in ‘n groot manier verander. My vriend, my diep gesprek, my altyd daar, my lekker lag en my sielsgenoot!
Ons Verlowing uit die Marcel se oogpunt
Na ’n uitstappie by Bonamanzi het ons ’n romantiese ete geniet. Bianca was oortuig ek die beste uitgaan aand ooit gereël maar my planne vir die aand was nog nie verby en sy was nie ingenome toe ek haar aangejaag om haar wyn te drink.
Twee rye kerslig het ons gelei na kussings versprei onder ‘n hout kruis. Terwyl die weerlig die meer agter ons verlig het ek neergesak op my knieg en senuweeagtig die ring uit my sak gehaal. Hierdie oomblik wag ek my hele lewe lank voor dit was tyd vir my om te praat, maar raai wat – ek was stom. Ek het die trane uit my oë gevee en weer probeer. En uiteindelik het sy JA gesê!!
Inspirasie vir die Verlowings Sessie
Bianca: Ek was mal oor die idee van ’n woud sessie en ons wonderlike fotograaf wie se werk ek al lankal bewonder het Pilgrimsrus voor gestel en die sessie mooi saam my beplan. Ons het die lang pad aangedurf vanaf Richardsbaai en besluit op ’n oggend sessie want die reën sou bietjie oop klaar maar net toe ons op die koppie met die mooiste uitsig oor die vallei kom het die reën weer neergesak. Die hele sessie deur moes ons skuiling soek as die weer te swaar raak maar nou het ons wonderlike herinneringe van lekker lag en dans in die reën.
Vertel ons van jul droom troue
Bianca het nog altyd gedroom van ‘n klein troue. As sy haar sin kon kry sou sy direk na die seremonie na ons wittebrood vlug. Nietemin het ons besluit om dinge op die tradisionele manier (my manier) te doen en ‘n groot Portugese troue te reël naby ons tuis dorp saam die mense naaste aan ons.
Wat kan ons gaste verwag? Hulle kan uitsien na ‘n bruilof propvol kos, groot makietie en die nag om dans tot ons voete blase het en ons pootuit is.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Alicia Landman Photography
- Blomme en kroon: Bloom Floral Design