Die aantreklike paartjie Kyle en Christel het self die dekor van hul eie troue gedoen en die venue is Christel se broer se eie kuierplek. Die troue was in die Oos-Kaap gehou en die feesviering het plaas gevind in die opelug waar Kyle en Christel hul eerste dans as Mnr & Mev Reid onder die sterre gehad het. Fee verhale gebeur tot vandag toe nog…
Vertel ons hoe het julle ontmoet?
Wie het gesê mens kan nie die liefde van mens se lewe op ‘n dansvloer ontmoet nie?
Kyle sê, toe hy my sien toe gloei ek nes ‘n feetjie. Ons dadelik gekliek en saam gedans soos magnete. Sy broer wou vir hom iets sê, hy wou vir ‘n sekonde sy aandag van my afgehaal. Toe verdwyn ek soos aspoestertjie. Sonder n glas pantoffel, natuurlik. Darem is daar iets soos sosiale media, en toe hy twee by twee sit. Kom hy agter ek is sy vriendin se nuwe woonstel maat.
Ons hom saam na n braai genooi, en die res is geskiedenis…
Vertel ons van die styl van die troue?
Die hele idee met ons troue was om dit alles self te doen. Ons ‘n jaar en ‘n half tyd gehad om alles te beplan. Elke maand ietsie klein gemaak of gekoop. Die prentjie wat ons wou skep was n Vrye gees, natuur, feetjie troue. Dis hoe ons as mense is. Ons wou ‘n lekker gesellige, gemaklike troue hê, met baie blomme en droomvangers.
Die venue was by my broer hulle se kuierplek. Die hele familie het die Vrydag en Saterdag klip hard gewerk om alles perfek te kry en ons het lekker troue gehou.
Eerlikwaar sou ons niks wou verander nie. Ons alles self gedoen. Dit was groot pret.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Advies wat ons wel het – Moenie so vreeslik baie geld spandeer om ‘n droom troue te hê; Dis onnodig. Begin al vroeg goedjies aankoop en betaal elke maand ietsie af. Maak goedjies jouself. Dis waar al die lekkerte lê.
Onthou alles loop nie perfek af nie, maar dis wat dit so opwindend maak.
Geniet dit, dans heel aand en wees ‘n feeverhaal.
Wat was jul begroting vir jul troue?
Ons troue was alles saam min of meer R 40 000
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: De Braaikraal Oudtshoorn
- Hare en Grimering: Christa’s Skoonheids en Haarkliniek
- Trourok: Lealia Bridal Studio & Workshop
- Blomme- en Strooimeisie Rokke: Cliff-marie Barnard Dyason
- Fotograaf: Anke Photography
- Blomme: Tannie Wena Louw
- Troukoek: Tania en Mikayla Reid
- Spyseniering: Marnie Olivier
- Platejoggie: Morné
- Dekor: Self