Die Oos-Kaap spog definitief met van die mooiste landskappe in Suid-Afrika en is baie gewild as bestemming troues. Mooi Troues het al baie mooi troues van die provinsie met ons lesers gedeel. Wil jy in die Oos-Kaap trou dan moet jy definitief gaan kyk vir inspirasie.
Vertel ons hoe het julle ontmoet?
Ons het ontmoet by ʼn sportbyeenkoms toe twee skole wat nog nooit teen mekaar gekompeteer het nie,n wedstryd teen mekaar gehad het…en ʼn paar maande daarna is daar toe sommer weer ʼn wedstryd gereël tussen dié twee skole. Ons het amper op die plek op mekaar se oë verlief geraak … en toe ons mekaar leer ken het, het eienskappe soos liefdevolheid, spontaniteit en ʼn liefde vir honde die vuurtjie net meer aangewakker.
Wat was die styl van die troue? Hoekom het julle die venue gekies?
Dit was ʼn mengsel van style sal ek sê, maar het baie die Griekse styl deur die lourier kranse se herhaling ingebring.
Ek glo in Minder is Meer en ons wou so ver moontlik my “plaas wortels” en my man se “see wortels” saamsmelt daardie dag so het ons baie gebruik gemaak van natuurlike elemente, soos hout, blare glas..waarvan meeste soos bloekom-blare, peper-takke, wilger-takke, olienhout takke, ou wynvate, ou plaas Huis geelhoutplanke al die pad van die plaas in Burgersdorp waar ek groot geword het,aangery is. Meeste van wat ons bymekaar gesit het was ons eie idees, omrede ons beide van oorspronklikheid hou maar van ons inspirasie het van Pinterest af gekom.
Ons het op hierdie venue besluit oor die absolute pragtige natuurskoon, veral op die kranse, en omdat dit ideaal was om die plaas gevoel by die see te skep met die groen velde, perde en beeste wat moontlik was om plaaslik te reël vir die fotos.
Was julle met wittebrood?
Ja, Ons is Mauritius toe en het in Raddison Blu Hotel in Poste Lafayette gebly. Ons het per toeval eers ʼn vlug die Dinsdag na die Troue na Mauritius toe gekry, en ons was aanvanklik bietjie “negatief” daar oor.. Totdat ons besef het watse groot werk die Sondag se opruim van die venue was en hoe moeg ons daarna was. Dit was wonderlik om die Maandag voor ons vlug te kon uitrus voor ons wittebrood, want toe ons hier kom was ons gereed om alles te doen wat lekker is en nie net die pragtige en prettige vakansie verby te slaap nie. Ons beveel definitief die alles ingesluit pakkette aan, dit is die moeite werd en die hotel se diens was fenomenaal.
Wat sou jul verander het as jul kon?
Wees aanpasbaar, maak vroeg in die beplanningstadium die besluit dat klein dingetjies nie jou dag gaan bederf. Wees buigbaar en wees wees oop vir laaste minuut veranderinge. Doen wat jy kan waarmee jy kan. Ek sou absoluut niks aan my trou dag en die 2 dae voor die tyd verander nie..dit was perfek..alles.
Die strooimeisies en strooijonkers het almal die Donderdag voor die troue bymekaar gekom en help saal opset, wat so ʼn band tussen hulle ook ontwikkel het. Dit was wonderlik en so lekker.
Dru was Donderdag en Vrydag siek en in die bed met ʼn erge griep, so ons sal aan beveel julle gaan vir Vitamien inspuitings so twee weke vir die troue. ʼn Mens se immuunstelsel word effens swak van stres en ook faktore soos klimaatsveranderinge, min slaap ens.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
- Venue: Morgan Bay Hotel
- Fotograwe: Tania Allen Photography
- Rok: Eve’s Bridal Claremont
- Grimering: Blush Beauty East London
- Hare: Hairworks Molteno
- Blomme: Love of Flowers & Elizma Nass
- Skryfbehoeftes: Jana Loubser, MX Print Queenstown, Jenny
- Platejoggie: Hendrik Froneman