Die trou koördineerder by Blue Olive Events deel met ons lesers baie goeie wenke vir die koek tafel.
Sny van die Koek
Die sny van die koek is ʼn trou tradisie wat begin het in die Romeinse tyd. Alhoewel daar nie gedurende daardie tyd koek was nie het hul gebruik gemaak van vars gebakte brode. Die tradisie was dat die bruidegom die brood oor die bruid se kop breek wat simboliseer die einde van maagdelike stand van die bruid, vrugbaarheid te verseker, en die begin van sy krag as haar man oor haar.
Deesdae is die tradisie om die koek as ʼn paartjie te sny, al hoe meer gewild. Die bruidegom sal sy hand oor die bruid sin plaas en op ʼn manier haar help om die eerste stuk te sny. Die egpaar sal deur die onderste laag moet sny om die kontinuïteit van hul verhouding te simboliseer. Die betekenis van die bruidegom met sy hand oor sy bruid se hand, beteken sy steun vir sy bruid, terwyl die bruid die hand van die bruidegom toelaat bo-op haar hand, beteken haar vermoë om te sorg vir haar nuwe man en haar familie.
Die sny van die koek is dus ʼn belangrike tradisie en die wenke verskaf onder sal help om die koek tafel en -seremonie meer fraai te maak.
Wenke: Stilering van jou koek tafel
1. Onthou die fokus is die koek, moenie items gebruik wat die fokus van koek aflei nie.
2. Gebruik blomme of gebruik ʼn mediumgrootte of twee kleiner rangskikking. Vra jou koördineerder of bloemis om spesifiek ʼn rangskikking vir jou koek tafel te maak.
3. As jy ʼn loper gebruik, moet jy verseker dat dit ekstra lank en wyer as gewoonlik is. Dit sal jou toelaat om dit op te plooi sodat dit ʼn meer elegante gevoel gee. Gebruik ʼn sagte tule of sjiffon materiaal.
4. Gebruik kerse om die tafel op te lig. Dit is veral goed vir foto’s en sal wonderlik lyk as die venue ligte verdof word net voor die koek-seremonie.
- Koek: Sweet Joy
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Lezaan Nel Studio
- Blomme: Dream Canvas Events
- Stilering en advies: Blue Olive Events