Quen & Marilet se Kaapse Tuin troue

Kaapstad het baie verborge juwele wat wanneer dit gevind word die mooiste tonele vir ʼn droom troue bied.  Quen en Marilet was deur een van hul vriende vertel van die plek waar hul hulle troue gevier het aan die voet van Tafelberg.

Marilet het behoorlik asems weg geslaan in haar rok wat toe later in ʼn mini romp verander het; dit is ideaal vir dans onder die sterre.  Die troue was gevier in die buitelug en Kaapstad sorg vir wonderlike Someraande.  Die dekor van die tafel het alles perfek afgerond.

Ons weet ons lesers sal baie inspirasie vind in die fotos onder en Quen en Marilet deel albei ʼn hartverskeurende gebeurtenis wat kort voor die mooi dag gebeur het.


Hoe het julle ontmoet?

Ons was by ʼn werksfunksie in Langebaan vir die naweek toe Quen my, sy oudit-bestuurder, gesien het.  Sy woorde: “Ek het die meisie met die mooiste oë op haar eie sien staan en gedink dat so ʼn mooi meisie nie op haar eie mag staan nie.  So ek het toe by haar gaan staan en haar hand vas gehou en dit ʼn drukkie gegee.  As jy weet die meisie druk jou hand terug, dan weet jy”.  Ek het natuurlik sy hand ʼn drukkie terug gegee.  Aangesien ons saam gewerk het en ek eintlik Quen se ‘baas’ was, het ons die verhouding vir so 3 maande stil gehou, totdat sy kollegas uitgevind het daarvan op ʼn weg-oudit in Modimolle.  Ons het natuurlik toe deurgeloop onder die kommentaar!  Ek is nogsteeds verlief op Quen se rustigheid, vriendelikheid, humor en simplistiese benadering tot die lewe.



Wat was die inspirasie vir die styl van die troue?

Kaapstad is ons gunsteling plek en aangesien ons mal is oor die buitelug, wou ons ʼn buite-troue, sonder te veel fieterjasies hê.  ʼn Vriend het ons vertel van Platteklip Wash Houses, die oorspronklike was-huise in die Tafelberg Natuurreservaat.  Dit was perfek.  Ons wou dit so eenvoudig en natuurlik as moontlik, maar met ʼn effense speelse effek gehad het.  Kruie en rose uit my familie se tuin naby Rawsonville met ʼn paar naakte gloeilampe en ʼn paar goue en Silwer elemente was al wat nodig was.  Klein en intiem met 62 van ons naaste vriende en familie het gesorg dat ons tyd met al ons gaste kon spandeer.



Was julle met wittebrood?

Ons was nog nooit in die KwaZulu-Natal Noordkus nie, en het besluit om daar te gaan verken.  Ons het gaan draai by die Isimangaliso Wetland Park en ʼn paar nagte by Rocktail Beach Camp spandeer.  Dit is een van die min plekke in Suider Afrika waar die Leatherback skilpaaie hulle eiers lê, maar ons was nie so gelukkig om hulle te sien nie.  Ons kon egter snorkel by LalaNek en net ontspan op die strand waar daar niemand anders is nie.  Vandaar het ons pad-reis ons suid gevat – verby St Lucia, Amatikula en op geëindig vir ʼn laaste nag se bederf in die Oyster Box hotel.  Die kerrie-buffet is fantasties!



Wat sou jul verander het as jul kon?

Ons sou graag my ma en Quen se broer daar wou hê.  My ma is oorlede aan kanker drie dae voor die troue en Quen se broer tien dae vroeër in ʼn frats motorongeluk. Dit was ʼn geweldige terugslag vir ons en natuurlik ons families gewees.  Alhoewel ons harte baie seer was, kon ons al ons vriende en familie se ondersteuning voel.  Dit het ons ook help besef oor wat werklik belangrik is in die lewe – Kwaliteit tyd saam met die mense vir wie jy lief is.



Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

“Don’t sweat the small stuff”.  Moenie weggedra raak deur die multimiljoen rand trou-industrie nie.  Alhoewel jou troudag spesiaal is, definieer dit nie jou huwelik nie.  Laat jou troudag ʼn uitdrukking van jou persoonlikheid wees, omring jou deur jou gunsteling mense, moenie stres nie, en geniet dit net.  Dit gaan so vinnig verby


 

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: