Johan & Hjané wou hê hul trou dekor moet baie klassieke, sag, elegant en by die natuur pas. Die dekor en blomme van die paartjie se onthaal is gedoen deur Pretty Weddings. Die troue is vol inspirasie vir natuur liefhebbers of die wat die gene wat wil wegbreek van die stad se gejaag.
Vertel ons van jul ontmoeting?
Alles het begin toe ons studente was. Johan het koshuis rugby gespeel die aand en Hjané was die Fisio-Student aan diens, die eerste ontmoeting was toe Johan se knieg geband moes word. Dit was liefde met eerste oog opslag vir Johan … maar nie vir Hjané wat toe nog in n verhouding met ‘n ander ou was nie. Johan het net daar vir sy vriende gesê dat hy met die Fisio gaan trou!
Johan moes egter ‘n jaar wag voordat die “vriendskap” in enige iets meer kon ontaard.
Hjané was mal oor Johan se avontuurlustige kant, ‘n plan met elke geleentheid en die feit dat hy altyd ‘n glimlag op haar gesig kon sit.
Johan het weer van Hjané se spontane persoonlikheid gehou en die feit dat sy altyd sport was vir elke avontuur wat hy wou aanpak!
Wat was die inspirasie vir die tema van die troue?
Ons albei is baie lief vir die buitelewe en dit was nog altyd n droom van ons albei om in die natuur te trou, want dis waar ons die naaste aan God voel. Toe ons Evergreen Estate sien het ons dadelik God se teenwoordigheid gevoel en wou dit graag met al ons gaste deel. Ons wou graag hê die tema moes by die natuur inpas, daarom het ons gefokus op n baie klassieke, sag en elegante tema.
Was julle met wittebrood?
Ja ons was. Hjané was eers onder die indruk dat hulle sou kamp in Botswana maar toe gelukkig verras Johan haar met ‘n week in die Ooste van Mauritius by Ambre-Resort & Spa. Daar het ons die meeste van elke oomblik gemaak. Skubaduik, ‘n “Catamaran Cruise” en “parasailing” was van ons hoogtepunte gewees. Ons tweede week was ons rustig by Magalies Park, net voordat ons weer inspring in die gejaag van realiteit.
Wat sou jul verander het as jul kon?
Ons dag was perfek en sou niks wou verander nie. Alles het in n oogwink verby gevlieg en ons sou graag meer tyd wou hê om die aand net nog langer te kon maak.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Evergreen Estate
- Grimering: Carli Wheeler Make-up
- Trourok: Anel Botha Couture
- Musiek: DJ Andrew Spectacular Events
- Dekor & Blomme: Pretty Weddings
- Vidoegraaf: Consuming Fire Films
- Fotograaf: Rolene Photography