Susan du Toit het ‘n paar diensverskaffers bymekaar gebring en ‘n stukkie hemel vir ons op foto’s was gevang. Susan du Toit het die foto’s geneem naby Hermanus. Selmari Slot het die mooi skryfbehoeftes voorsien.
Inspirasie van die fotosessie?
“I don’t believe in magic.”
The young boy said.
The old man smiled.
“You will, when you see her.”
-Atticus
Net voor jy die vissersdorpie Hermanus, op die mees suidelike kus van Afrika bereik, is daar ‘n afdraai na ‘n vallei. Diep versteek in die voue van die Overberg, tuiste van Hermanus wynstreek. Daar is al gesê: “So hoog is die heuwels wat die vallei rondom omhels, dat hulle die lug raak en jy kan niks anders as die Hemel en die Aarde sien nie!”
Hemel en Aarde
Hemel en Aarde is oortrek met fynbos en vorm deel van die Kaapse blomme koninkryk. ‘n Unieke en diverse versameling van plante word beskerm en versorg in ‘n natuurlike tuin wat jy net in ‘n klein deeltjie van die Kaap sal raakloop. Die skoonheid van die area is gekonsentreer soos ‘n skaars parfuum met die mengsel van bossies en veld-gras in blom. Dis hierdie informele natuurlike blommerangskikking wat die perfekte omgewing vir ‘n bruid is – die vergestalting van perfeksie en prag.
Die ou klip kapel, nou ‘n kuns studio, op die Hamilton Russell wynplaas, staan hoog bo die vallei uit. So ook die bruid wat wag vir haar bruidegom – onmisbaar deel van die landskap vol skoonheid – wag in haar Lubellos® ontwerp van Chantilly kant, Milano satyn en polyster tulle. Die bruid se juwele is diamante en roos goud – die kenmerkende edelgesteentes van Suid-Afrika en vervaardig deur die kunssinnige oog van Marion Rehwinkel. Die tafels van eenvoudige palette en natuurlike kleure – verskuif die aandag na die inheemse blomme van die Weskaap en herinner ons, dat die huwelik ‘n heilige geleentheid is en dat Godgegewe skoonheid onbetaalbaar duur vertoon.
‘n Stukkie van Eden of Hemel op Aarde?
Krediet:
Hamilton Russel wynplaas is ‘n internasionaal erkende vervaardiger van Pinot Noir en Chardonnay wyne en word hoogs aanbeveel vir die reisplan van enige besoekers aan die Hermanus omgewing. Die plaas is nie ‘n onthaal venue nie – maar ons bedank die familie vir hulle gasvryheid in die gebruik van hulle eiendom om sodoende ons kreatiwiteit en talent te kon komplimenteer.
Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
Ervaring was die sleutel tot die sukses van hierdie fotosessie. Elkeen van die diensverskaffers het diepte in ervaring en een baie besliste gemene deler. Geen moeite en afstand is ontsien om die potensiaal en talent van elke verskaffer te vertoon nie.
Wie het die fotosessie gereël?
Susan du Toit en Lizette van Niekerk het die fotosessie gereël.
Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?
Die reënboog wat in die lug gehang het tydens die sonsondergang.
Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?
Kies verskaffers met kredietwaardigheid, baie ervaring en ‘n reputasie van dienslewering. Jou verskaffers moet jou styl en smaak kan begryp en waardering hê vir paartjies wat juis hulle eie persoonlikheid en unieke styl wil handhaaf.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Susan du Toit Photography
- Dekor en Blomme: Wedding and Event Collection
- Skryfbehoefte: Selmari Slot Creative
- Grimering en Hare: Leoume Vos Bridal Makeup and Hair
- Rok: Lubellos®
- Model: Listellle Visser