Gerrit & Amoret se verlowing

Mooi Troues hou baie van die natuur elemente wat in die verlowing fotosessie van Gerrit en Amoret teenwoordig is.  Die verskeidenheid is ook vars op die oog met ‘n veld, dan kweekhuis en eindig in ‘n tuin.  Die tema is deurlopend maar met verskillende elemente.  Dit is wat ons glo as inspirasie vir ons lesers sal wees.


Vertel ons van jul ontmoeting?

Ons het in Desember 2013 op vakansie in Hartenbos ontmoet. Gerrit is oorspronklik van die Kaap en ek van is van Limpopo.  Na skool het hy gaan rugby speel en studeer in Bloemfontein waar hy my boetie ontmoet het.  ‘n Gemeenskaplike vriend het vir ons en vir Gerrit genooi om saam te kom kuier daardie aand.  My boetie het ons voorgestel aan mekaar en die res is geskiedenis! Gerrit het wel daardie aand toe hy by die huis kom vir sy ma gesê hy het sy trou vrou ontmoet.   Hy het my genooi om saam hom iets te gaan drink en die volgende dag moes hulle terug Kaapstad toe vir Kersdag.  Hy het sy ouers oorreed om terug te gaan Hartenbos toe en selfs verblyf gereël en aangebied om die petrol te betaal net sodat hulle sal instem om weer Hartenbos toe te gaan.

So het ons toe meer tyd gehad om mekaar te leer ken.  Na ‘n lekker kuier keer ons elkeen terug, ek na Pretoria besig met my 4de jaar op Universiteit as arbeidsterapie student en hy terug by die werk in Durbanville. As student kan ons 2 maande in ons 4de jaar kies waar ons, ons elektief wil voltooi. Ek en my vriendin besluit in 2013 dat ons dit in Durbanville gaan doen, min weet ek my trouman bly in Durbanville.  Na ‘n heen en weeg gevlieg en 2 maande se elektief in die Kaap.  Gerrit het  ‘n werk-aanbod ontvang om in Gauteng te kom werk waar ek nog besig is met my studies.  Hy aanvaar die aanbod en arriveer in Pretoria September 2014.

My woorde: Sy liefde vir ander mense en vir God het my geïnspireer van dag een af.  Iemand wat altyd sy 100% gee in alles wat hy aanpak.

Sy woorde: toe ek haar die eerste keer gesien het, sy was net so mooi gewees.



Vertel ons meer van julle verlowing?

Ons het verloof geraak op ons familie plaas in Limpopo.  Gerrit het in samewerking met my ma vir ons ‘n tafel gedek met kerse op ‘n eiland in die middel van die dam.  Ons was op pad met die plaas Jeep vir ‘n Wild-rit toe.  Hy het vir my gesê; “Wat lê daar?  Vat die verkyker en kyk.”  Toe ek probeer kyk wat daar ver af in die sand loop, staan daar ‘n bordjie met die woorde “sal jy met my trou?”  Ek sit toe die verkyker neer en sien Gerrit staan op een knie!  Toe begin die mooi woorde en emosies.  Ons het dit gaan vier met sjampanje en die sonsondergang op die eiland.



Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?

Die inspirasie agter die verlowing fotosessie is meestal die styl van die fotograaf.  Ek is mal oor die sagte styl van die fotograaf.  Ek is mal oor blomme en beplan om baie blomme op ons troue te hê so wou iets gehad het wat by ons troue se tema pas.


[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]