“Foraged items is altyd hoogste gehalte” is wat Google sê wanneer jy die woord “Foraged” wil vertaal en soos gewoonlik weet Google beste. Ons sien ook dat die advies wat Nelani, wie die gestileerde fotosessie beplan het, gee goed van toepassing is en dat minder wel meer is! Die simplistiese gevoel van die fotosessie skep tog ‘n vars en moderne gevoel. ‘n Inspirerende fotosessie vir bruide wat nog besig is om hul troue te beplan.
Inspirasie van die fotosessie?
Ons wou iets eenvoudig, tog treffend skep, wat wys op die feit dat mens nie baie nodig het, om ‘n pragtige troue te skep nie. Ons wou ook speel op ‘n sprokies tema, wat die basis van die konsep gevorm het.
Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
Die span is diegene wat saam met my (die fotograaf wat die fotosessie gereël het) geglo het in die konsep, en wou deel wees van iets anders as die normale gestileerde fotosessies.
Wie het die fotosessie gereël?
Nelani van Zyl – die fotograaf
Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?
Verseker die baba bokkie wat ons by Fairview gaan haal het. Hy was die liefdevolste dingetjie, en het perfek ingepas by die tema. Dit was my (die fotograaf) eerste keer wat ek met ‘n dier gewerk het op ‘n fotosessie, maar die klein dingetjie het almal se werk baie maklik gemaak.
Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?
Minder is meer!
- Venue: Belair Pavillion
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Nelani van Zyl Photography
- Trourok: Cindy Bam Couture
- Hare en Grimering: Mana Zita Bosch
- Blomme en Dekor: Polkadot Weddings and Events
- Skryfbehoeftes: Craftee Papers