Johann & Ghardé se rustieke troue

Johann en Ghardé se rustieke troue het ‘n plaas tema kombineer met elegante en rustieke gevoel daarby wat ons by Mooi Troues baie van hou.  Kontrasterende elemente in ‘n rustieke troue is baie mooi en as jy die groen van blare gebruik weet jy dat jy het ‘n wen resep.

The Rose Barn is ‘n plaas-styl trou venue in Jeffreysbaai in die Oos-Kaap. Omring deur versorgde groen grasperke, laventel, en uitsigte van die omliggende plase is van die baie redes hoekom die trou venue jou eerste keuse moet wees. Die trou venue is populêr vir sy pragtige tuin seremonies, deursigtige tent en die skuur waarin die trou onthaal gehou word. Hulle bied ook verblyf opsies op die perseel, wat ‘n groot plus punt is.

Die Oos-Kaap het ook ‘n hele versteekte juwele en is ‘n goeie plek vir paartjies wat graag ‘n bestemming troue wil en jy kan hier Klik om na meer Oos-Kaap troues te kyk wat al op Mooi Troues gepubliseer was.

Vertel ons van jul ontmoeting?


Ons het ontmoet op ‘n blinde afspraak wat deur gemeenskaplike vriende van ons gereël is.  Vanaf die eerste oogopslag was daar ‘n fisiese aantrekking tussen ons twee.  Johann het die mooiste glimlag gehad en was vir my verskriklik aantreklik!  Die feit dat hy vir ons gebid het voor ete het my vreeslik beïndruk.  Met ons ontmoeting het Ghardé my dadelik op my gemak gesit.  Haar sagte oe en pragtige glimlag het my dadelik opgeval.  Dit het gevoel asof ons mekaar al jare ken.  Ons kon oor vele onderwerpe gesels aangesien ons gevind het dat ons heelwat in gemeen het.  Ons het op die einde so lekker saam gekuier dat ons die restaurant toe gemaak het.

Wat was die inspirasie vir die tema van die troue?


Omdat ons al bietjie ouer is was dit vir ons baie belangrik om ‘n ontspanne atmosfeer te skep waar ons en ons gaste ons spesiale dag saam kon deel en geniet.  Van die begin af was ons wens vir ‘n minimalistiese rustieke troue en omdat ons altwee baie lief is vir die natuur het ons gedink om op ‘n plaas te trou.  Ons het heel per toeval The Rose Barn ontdek en was mal oor die rustiek en vintage gevoel as ook die pragtige uitsig.

Was julle met wittebrood?


Ons was gelukkig om Mauritius toe te kon gaan vir ons wittebrood.  Die vakansie oord, Preskil Beach Resort, waar ons tuis gegaan het was ongelooflik mooi met pragtige strande, glas helder water en ‘n groot verskeidenheid water sport aktiwiteite.  Saam met die geluk het ons egter ietwat ongeluk ook beleef…  Ghardé het na twee dae van die wittebrood ‘n verkoue opgedoen wat later omgesit het in Brongitis.  Johann, aan die ander kant, het so ietwat van ‘n waterski ongeluk gehad waartydens hy ‘n rib gekraak het.  Ghardé, die fisioterapeut, het hom probeer behandel maar in die proses daarin geslaag om die pyn so ietwat te vererger.

Teen die laaste dag van die wittebrood en met Ghardé wat teen daardie tyd baie beter gevoel het, het Johann brongitis opgedoen…met ‘n gekraakte rib was dit nie ‘n grap nie. Teen spyte van die bietjie ongeluk, was ons wittebrood een wat ons verseker nooit sal vergeet nie.

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?


Wanneer die besluit geneem is dat julle gaan trou, onthou, die huweliksbevestiging vind plaas tussen die twee van julle en God.  Fokus dus op mekaar en probeer om nie opgesweep te raak deur al die reëlings, tradisies, moets en moenie’s nie.  Beplan jul troue presies soos julle dit graag wil hê.  Die dag self gaan verskriklik vinnig verby so geniet elke oomblik terdeë.  Ons het ook gevind dat die keuse van ‘n fotograaf ‘n kritieke rol speel in die sukses van die hele ervaring.  Die regte keuse verseker dat mens op jou gemak is en dus die dag net soveel meer geniet.  Die fotos en dus jul herinneringe sal dit weerspieël.

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]