Heinrich & Monique se rustieke troue

 Mooi Troues hou baie van die fotos onder met Heinrich en Monique wat staan voor die Bougainvillea rank plante.  So algemene plant sorg vir ʼn baie mooi agtergrond!   Alhoewel die paartjie gegaan het met ʼn Rustieke tema vir hul troue, het dit ʼn moderne kinkel.  Daar is geen tafeldoeke op die tafels nie, wat die mooi hout van die tafels wys.  Die tafels is versier met ʼn fyn kant loper en hulle het op Proteas vir die blom-keuse besluit.  Die feë liggies het ook gesorg vir warm atmosfeer.


Hoe het julle ontmoet?

Heinrich is een van my beste vriendinne se broer en ons het in 2006 ontmoet.  Ons het die aand op sy verjaarsdag gebraai toe sy suster ons voorgestel het aanmekaar.  Ek het vir haar gesê ek hou van hom maar ons was nog jonk en dit was my vriendin se broer.  Ek het geglo as ons volgens die Here se wil moet saam wees, sal dit op die regte tyd kom.  Ons was albei genooi vir n makietie in November 2011.  Toe ons die aand afskop en mekaar weer sien het ons albei breed geglimlag soos toe ons mekaar vir die eerste keer ontmoet het.  Ons het mekaar nog beter leer ken en vandag is ons getroud.  Ek en Heinrich is baie dieselfde, maar in soveel woorde ook baie verskillend.  Om opreg en eerlik te wees is vir ons albei baie belangrik.  Dus weet ons altyd waar ons met mekaar staan.  Ons liefdevolle persoonlikhede en passie vir liefde het ons beslis nader aan mekaar gebring. Ons is albei hardwerkend en wil vir mekaar net die beste in die lewe gee.



Wat was die inspirasie vir die tema van die troue?

Albei van ons is plat op die aarde en gemaklike mense;  Daarom het ons op ʼn rustieke tema besluit.  Ons is lief vir die natuur en dit het ons ook as inspirasie gebruik. Ons kon nie n beter tema kies wat sonder woorde ons harte op so n mooi manier kon beskryf het nie.



Was julle met wittebrood?

Ja, ons was Thailand toe vir 3 weke.  Dit was beide van ons se eerste keer oorsee.  Ek kan n boek skryf oor al die ongelooflike ervaring as man en vrou, maar vir eers hou ek dit kort en kragtig.  Ons het 6 eilande/strande besoek.  Waar ons op elke eiland iets nuuts van mekaar geleer het. Ons was eers in die stad van Phuket en daarna het ons  in Phatong gebly wat ook in Phuket is, baie mooi en baie besig met die meeste stalletjies wat ek al op straat gesien het.  Daarna is ons Phi Phi Island toe, dit is baie klein maar een van die mooiste eilande ooit, ons het die scuba duik baie geniet! Daarna was ons in Phangan waar ons in die mooiste oord gebly het.  Ons is Koh Samui toe na Phangan en ons het ongelooflik lekker daar gekuier, ons het vriende en familie wat daar bly  so kon tyd saam hulle ook spandeer. Bangkok was ons laaste stop, dit was vir my baie besig en hul kultuur is uitdagend, maar dit tog ook baie geniet!



Wat sou jul verander het as jul kon?

Op die wittebrood, sou ons miskien die vervoer tussen die eilande van pont verander het na vliegtuig.



Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Leer om te deel, waardeer en altyd mekaar in ag te neem.  Moet nooit kwaad gaan slaap nie en maak tyd vir mekaar.  Mens is geneig om almal gelukkig te hou, maar vergeet om jouself gelukkig te maak. Sien die mooi in mekaar en herinner mekaar soms dat jy dankbaar is vir alles wat jy het.  Wees geduldig ongeag of dit n slegte dag of goeie dag is.  Jy kan nie ʼn goeie dag met ʼn slegte houding hê nie en jy kan nie ʼn slegte dag met ʼn goeie gesindheid hê nie.


Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.