Dirkie & Rouxne se selfdoen troue

Dirkie en Rouxne het presies geweet hoe hul wil hê hul troue moet wees en hulle het elke element self gedoen.  Ons my Mooi Troues sien meer en meer paartjies hul eie troue beplan, meeste van die gevalle is begroting nie ‘n probleem nie maar wil paartjies net hul eie persoonlikhede wys en die beplanning proses gebruik om nader aan mekaar te groei.

Neem jou tyd en blaai deur die fotos onder en neem al die inspirasie in.


Vertel ons hoe het julle ontmoet?

Ons het ontmoet in 2012, een aand uit in die dorp.  Dirkie het homself aan my voorgestel en ons was amper onmiddellik aangetrokke tot mekaar. Vir die volgende twee maande het ons aande om gesels op die foon en elke naweek planne gemaak om mekaar te sien. Drie maande na die ontmoeting het Dirkie my saamgenooi vir n naweek by sy ma’lle in Franskraal, waar ek die eerste keer besef het ek is verlief.  Ons is albei avontuurlustig en baie sosiaal.



Vertel ons van die inspirasie van die trou dekor?

My ma se troue was hoofsaaklik die inspirasie vir die kleurskema. Ons wou ‘n liefdes fees hê, waar ons gaste gemaklik voel en lekker saam kuier. Ons het self op al die dekor besluit, self die uitnodigings, spyskaarte, programme, ens ontwerp en gemaak, alle tafel nommers, tafel lyste en kennisgewing borde geverf en ook baie van die blomme self gepluk.



Vertel ons van jul Wittebrood?

Ons was vir twee weke in Thailand. Ons het geen besprekings vooraf gemaak, behalwe ons slaapplek vir die eerste aand.  Met hulp en goeie wenke van vriende wat al daar was, het ons dag-vir-dag ons vakansie beplan.  Ons het drie eilande besoek en elke dag was een groot avontuur.



Advies wat julle aan paartjies kan gee?

Waardeer die klein goedjies in julle huwelik.  Spandeer alleen-tyd saam buite die huis, al is dit net ‘n laatmiddag stappie kafee toe.  Leer uit julle verskille, geen paartjie gaan oor alles saamstem, en dit is wat dit so opwindend maak.  Moet nooit ophou belangstelling in mekaar toon nie, bly altyd beste vriende en moet nooit ophou sê “ek is lief vir jou” nie.


Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: