Die venue van Stephan en Vilma se plaastroue is die perfekte plek vir paartjies wat vir ล rustieke lokaal op ล plaas soek om hul groot dag te vier. Die wit mure van die venue bied ook paartjies ล leรซ doek waarby die klem sal lรช op hul dekor en met die Kristal kandelare bring dit die deftigheid ook by en daarom kan ons verstaan hoekom Stephan en Vilma hul troue by die venue gehou het.
Groenrivier Function Centre is ล plattelandse trou venue in Riebeek Vallei, in die Swartland distrik. Hierdie is die ideale bestemming vir ล troue. Dit is ล pragtige trou venue net so oor ล uur se ry vanaf Kaapstad, omring deur die natuurskoon van die gewilde Riebeek Vallei gebied. Beide Riebeek-Kasteel en Riebeek-Wes bied wรชreld klas verblyf vir gaste met baie aktiwiteite om jou trou gaste besig te hou.
Ons by Mooi Troues hou baie van die fotos voor die Klimop rankplante en die sonsondergang met Stephan en Vilma se fotosessie gee ล dramatiese tog romantiese gevoel by hul fotos.
Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?
Ons het vlugtelik mekaar in eerste jaar al ontmoet toe ons โn taak saam gedoen het. Stephan reken hy het toe al geweet hy gaan met my trou. Ons paaie het toe weer gekruis in ons vierde jaar waar ons mekaar toevallig by โn skakeling weer ontmoet het. Hy het die aand my op โn Valentyns afspraak gevra maar hy het voorgegee dat die nie โn romantiese afspraak is nie maar eerder die onbekende geselsies as tyd verdryf om nie alleen te wees op Valentyns dag nie. Hy het wel opgedaag met rose en โn romantiese piekniek beplan bo op Coetzenberg berg in Stellenbosch. En die res is geskiedenis.
Volgens Stephan het die volgende eienskappe in my hom aangetrek:
- Haar vermoรซ om blatant eerlik te wees in elke situasie, ek vind dit oulik.
- My vrou is ongelooflik intelligent maar weet partykeer die kleinste domste goeters nie. Byvoorbeeld, sy het in 2012 eers uitgevind wie Usain Bolt is. Ek is mal oor my vrou se reaksies as ek haar tart.
- Haar deursettings vermoรซ is onophoudelik. Sy is โn pragtige mens van binne en buite en sy het altyd โn glimlag op haar gesig. Haar oe vertel altyd wat sy eintlik dink.
Die volgende eienskappe in Stephan het my aangetrek tot hom:
- Hy is nog altyd โn groot charmer en het โn manier om almal met wie hy praat goed te laat voel oor hulle self.
- Hy gee verskriklik baie om vir sy medemense en soek altyd geleenthede om ander mense te help.
- Hy het โn goeie sin vir humor en is lief vir drama so hy maak die lewe interessant.
- Hy is โn bok vir sports en trek permanent my been. Geen probleem is te groot nie en hy vind โn oplossing vir als.
Wat was die inspirasie vir die tema van die troue?
Ons idee was om โn rustieke plaas troue tema te hรช met rose en laventel, my gunsteling blomme. Ons glo minder is meer en wou hรช die saal moet deftig lyk. Ons kleur skema was wit, groen en laventel. Die blommemeisies se ligte pers toedraai rokke het goed gepas met die manne se grys chinos. Ek het my idees met ons bloemis gedeel en haar gelos om te speel met dit. Omdat Groenrivier se saal so wit is het sy toe meer kleur ingebring met die blomme. Tussen die blomme was daar โn verskeidenheid kerse om โn romantiese atmosfeer te skep. Die saal het asemrowend mooi gelyk!
Was julle met wittebrood? Indien wel, vertel ons meer daarvan
Ja, ons was Zanzibar toe vir ons wittebrood. Stephan het als gereรซl en dit was โn verassing vir my totdat ons op die vliegtuig klim. Ons het by Dream of Zanzibar gebly en heeldag op die strand gelรช en skemerkelkies gedrink. Ek wens dit toe vir elke paartjie om mekaar te geniet dag in en dag uit. Mens is nogal moeg na al die opwinding van die troue en dit is heerlik om te kan ontspan op โn tropiese eiland vir โn week. Dit was die beste, luukse vakansie ooit!
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Mens moet onthou om mekaar bo alles eerste te stel. Jou trou dag is โn feesviering en mens moet dit so veel as moontlik geniet en nie te veel te stres nie. As julle trou reรซlings doen moenie kwaad raak vir mekaar nie en geniet elke oomblik van die beplannings proses. Op die einde van die dag onthou die gaste die kos, goeie wyn en lekker musiek om op te dans en kuier.
Moenie besluit om geld te spaar deur nie โn videograaf te hรช nie, die dag gaan so vinnig verby en dis baie spesiaal om na die troue dit weer te kan beleef deur die video saam te kyk.
- Venue: Groenrivier Function Centre
- Fotograaf: Tertius Gouws
- Grimering en Hare: Minke du Plessis
- Blomme en dekor: Monique Van Niekerk
- Trou koek: Florentine Cakes
- Platejoggie: DJ Dean
- Videograaf: Alan Stynder
- Kos: Malita Joubert
- Trou rok: Demetrios (New York)