Rohan & Rosanne se plaastroue

Rohan en Rosanne het hul seremonie tussen die bome gehou en die gevoel van woud en groen was reg deur hul plaastroue gebruik.  Die paartjie het gegaan vir minder is meer met ‘n gevoel van die natuur en gee die raad dat paartjies wat nog moet trou eerder hul troue so eenvoudig moontlik te hou.  Ons by Mooi Troues is groot liefhebbers van die natuur en hou baie daarvan as paartjies die mooi natuur gebruik in hul trou dekor.  Ons weet ook sommer ons lesers sal daarvan hou.

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?


Dit was so om en by 12 jaar terug, wat ons mekaar vir die eerste keer rêrig ontmoet het.  Die was by ‘n viering van ‘n soort.  Huis, sonskyn en lekker geselskap.  Die unieke energie en persoonlikhede het met mekaar gesels, so as of dit geweet het wat klompie jare later weer hervat sal word.  Ons paaie het geskei vir ‘n wyle, maar mekaar weer gevind in die klein dorpie waar die liefde eintlik begin het. Verskillende paaie gewandel en plekke ondersoek.  Nogsteeds was die persoonlikhede en die energie daar en ons geniet mekaar se geselskap vreeslik baie.

Wat was die inspirasie vir die tema van die troue?


Die bruid het altyd ‘n wens gehad vir ‘n troue in die natuur.  Beide van ons geniet die buitelug en vind vreugde in wat die Here geskep het.  As ons alleen tyd wil hê gaan ons in die berge in of na die see toe of enige pad wat ons nie onlangs besoek het nie.  Ons moes wel die venues gaan besoek het om te sien of dit sal pas by ons behoefte.  ‘n Yskoue glasie wyn met die son oor die berge, presies tussen die klein karoo en die see; die plek het ons harte gesteel.  Die res van die storie het gepaard gegaan met wat die area ons gebied het.  ‘n Baie unieke ondervinding.

Was julle met wittebrood?


Die Oos Kaap, Transkei en Wildekus was die plekke besoek.  Ons het baie van mekaar geleer en so ook ‘n wonderlike ervaring gehad van ons pragtige land.  Die wêreld is groot daar buite, maar daar is min so mooi soos Suid Afrika.

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?


Hou die troue eenvoudig.  Luister na almal se raad, maar volg julle eie planne.  Ons seremonie was rêrig kort, maar baie kragtig.  Verrigtinge by die onthaal moet ook eenvoudig gehou word.  Maak seker die mense weet wat hulle doen met die kos.  Gaan loer dalk eenkeer hoe die venue maak op ‘n troudag.  Kuier  saam al die familie en vriende. Nooi ook net die wat rêrig saak maak.  Geniet dit.

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Anina Harmse
  • Venue + Blomme: La Rosa Blu
  • Dekor: Bruid en Flowers 4 U
  • Bruid se Trourok: Elizabeth Stockenstrom
  • Bruid se skoene: Lilly Blue
  • Hare: Maureen @Love.it
  • Grimering: Monique van Golden Topaz
  • Bruidegom se suite: Amigoz
  • Bruidegom se skoene: Aldo
  • Troukoek: Steph Nel
  • Kolwyntjies: Cathy Celliers & Nicola Jade Feldmann

[endsection]