White Light in Lanseria bied ‘n leë doek vir paartjies om hul persoonlikhede uit te leef in die dekor van hul trou dag. Ivan en Nikki is ‘n baie ontspanne paartjie en White Light was perfek vir hulle trou tema met baie Groen en Goud. Ons by Mooi Troues dink alhoewel die paartjie die trou ontspanne wou hou daar ‘n uitstekende balans was van ontspanne en elegant.
Ons is mal oor die gebruik van Groen in die dekor en Fotosessie en veral dat Boerenkool die Pantone kleur van 2017 is kan hier baie inspirasie gevind word veral as dit gepaar word met met Haselneut.
Nikki het behoorlik koppe laat draai met haar rok van Bridal Manor
Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?
Ons ken mekaar al vir baie jare en was nog altyd goeie vriende. Daar was altyd “iets” wat verhoed het dat ons nie saam kan wees nie. Ivan is my beste maatjie! Ek kan hom mos nie date nie?! Toe so twee jaar gelede hoor ek (Niki) dat Ivan dalk ‘n meisie het. My hele hart het in my skoene ingesak en ek het sommer dadelik geweet dit is nie reg nie! EK wil saam met hom wees! Ons het iets gaan drink en als was geskiedenis. Ons is agt maande later verloof en vier maande na dit getroud. Soos “hulle” sê…as jy weet dan weet jy.
Ons dink dieselfde. Ons het dieselfde uitkyk oor die lewe. Ons waarde sisteme is dieselfde. Ons hou van dieselfde dinge…ander tipe vakansies, kos, familie, kamp. Ons is altwee geen “fuss” mense en kan net lekker saam wees.
Wat was die inspirasie vir die tema van die troue?
Ons hou nie van deftige en stywe, formele kuiers nie. Ons wou ‘n troue hê wat soos ‘n fees is. Ons wou net hê almal moet lekker saam kuier en die lewe vier. So ons tema was presies dit. Baie ontspanne en glad nie styf nie. Liggies en groen en oop en musiek en dans. Nie ‘n stywe program met reëls en baie toesprake wat langdradig is nie. Die mense moet lag en kuier en saam met ons ons huwelik, vriendskap en die lewe vier!
Was julle met wittebrood? Indien wel, vertel ons meer daarvan.
Ons was! Ivan het my verras met ‘n heerlike tropiese week in Thailand. Dit was baie spesiaal en ek het dit glad nie verwag nie. Ek het gedink ons gaan sommer iewers hier in Suid Afrika (wat ook lekker sou wees). Omdat ek en Ivan van “ander” tipe vakansies hou, was Thailand perfek! Die mense, die kos en die natuurskoon was alles net ongelooflik! Ons het dit vreeslik baie geniet. Dit was baie lekker om na die troue, en al die beplanning wat saam met dit gaan, vir ‘n paar dae net saam met mekaar, alleen te kan wees. Daar is iets baie spesiaals aan ‘n wittebrood vakansie.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Wees net lekker met mekaar! Wees mekaar se beste vriende; mekaar se nommer een! Wees altyd mooi met mekaar. Lag saam en maak tyd om alleen saam te wees. Moenie die lewe te ernstig opneem nie en geniet alles, selfs net om saam op die bank te sit. Lag saam. Bou mekaar op en wees mekaar se grootste aanhangers!
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: White Light in Lanseria
- Fotograwe: AndStory
- Blomme: CDK Events
- Trourok: Bridal Manor
- Skryfbehoeftes: Swagger Collective
- Musiek: Len Muller