Johan & Chloe verlowing

Ons is in absoluut in verwondering oor die Boersuen en sy Blommekind se verlowing fotosessie wat in ‘n woud êrens in Pretoria geskiet is.  Dit is een van die mooiste verlowing fotosessies wat onlangs op Mooi Troues gedeel is!  Die liefde tussen Johan en Chloe sien ons in elke foto.  Die rokkie wat Chloe aan het met die Delf patroon en die agtergrond met die woud en dissel veld van die fotosessie kan nie meer Afrikaans weerspieël nie.

Ons hoop julle geniet die fotos en liefdes verhaal.


Hoe het julle ontmoet?

Onbewus van mekaar, is ons albei gebore in Rustenburg en gedoop in dieselfde kerk.  Albei ons gesinne was betrokke by die kerk waar my ma en pa vir Johan Sondagskool gehou het.  Die eerste keer toe ons mekaar werklik leer ken het, was op Johan se pa se wildsplaas met ‘n Laerskool kerk kamp waar.  Ek en die boerseuntjie in sy vellies moes saam lantern bekruip het.  In matriek besluit Johan hy wil professioneel begin jag.  Hy en die grootwildjagter (my pa) het beste vriende geword.  Die eerste keer toe hy in ons deur staan, weer met vellies en hierdie keer lang bruin bene was ek ‘n standerd sessie wie se knieë lam geword het.  Vir vier jaar lank was hy soos ‘n ouer broer vir my en my sussie.

Kort voor my 17de verjaarsdag het Johan sy liefde aan my verklaar.  Van daardie dag af was ons onafskeidbaar.  Sewe jaar later trou ek met my heel beste maat en eerste liefde op 7 Mei 2016 by Zakopane Country Village in Brits, waar ons grootste reis en avontuur saam gaan begin.



Hoe het julle verloof geraak?

Ek het haar gedurende die paasnaweek van April 2015, na Botswana geneem vir ‘n vakansie.  My plan was om haar onder die reuse kremetarte van die bekende Kubu eilande (wat ons heel gunsteling plek is) te vra om my vrou te word.  Daardie naweek het dit baie gereën en dit het al die toeriste afgeskrik om die reis na die eiland aan te durf.  Danksy ‘n uitmuntende bestuurder en sy ondersteunende passasier het die 2×4 die water en kleigrond aangedurf en was ons op die ou einde die enigste twee besoekers aan die Kubu eilande.

Om ons aankoms te vier het ek gevra sy moet agter in die Hilux, vir ons Milo melkies kry om te geniet onder ‘n groot kremetart se koelte.  Terwyl sy sukkelend die melkies probeer uithaal het ek haar verras deur te kniel met die ring van my blommekind meisie se drome.  Sy het uit skok vergeet om ja te se en eers nadat die ring aan haar vinger was en ek vir ‘n derde keer moes vra kon sy uiteindelik JA antwoord.


[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Lyné Davel van Lynxphotography
  • Plek: Die woud oorkant Lavendou trou venue in Pretoria
  • Grimmering en Hare: Sunet Vermaak van Stiled.

[endsection]