Jakobus & Mari-Lizé se avontuur wittebrood

Ons deel iets wat baie min op Mooi Troues gedeel word en wat altyd lekker is om te deel.  Min paartjies deel hul Wittebrood met ons, maar Wittebrood is tog sinoniem vir Trou.

Die Reis Gogga het vir Jakobus en Mari-Lizé gebyt en alhoewel al hul geliefdes en vriende hul probeer waarsku het die paartjie besluit om hul eie koppe te volg en ‘n strand Wittebrood vir ‘n avontuur in die Woestyn geruil.  Ons is dankbaar vir die besluit en is opgewonde om Jakobus en Mari-Lizé se Wittebrood met julle te kan deel.

Sal jy jou Wittebrood om Mooi Troues wil sien dan Klik hier



Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?

Ons twee was toevallig elk na ʼn byeenkoms genooi deur ʼn gemeenskaplike vriend.  Kobus, nou my mens, het aan sy vriend se arm getrek toe hul instap, subtiel na my beduie (of so dink hy), op sy vuis gebyt  en aan sy vriend gesê “Ek gaan met daardie mens trou!”.  Ons het begin kuier, was dadelik verlief en die res is geskiedenis.  Ons is geseënd met gesinne was baie eenders is en ouers wat ons met dieselfde waardes grootgemaak het.  Ons liefde vir God, ons barmhartige menswees, en moeite en deernis vir mekaar is wat ons elke dag nader aan mekaar bring.



Wat was die inspirasie vir die tema van die troue?

Dit klink dalk vreemd, maar ons het gevoel dat ons nie ʼn tema wou hê nie, dis iets vir partytjies en verjaarsdae.  Ons het besluit dat die tema “Ons” sou wees.  Iets waarvoor ons lief is en dat die gaste ons so sou onthou.  Ons altwee het ʼn reis gogga so ons uitnodigings was instapkaarte.  Ons is altwee baie lief vir die natuur en dit was maklik om “Ja” te sê vir ons venue.  Na ons die venue gekry het was die kleurskema maklik…aards, Groen en Wit.  My pa het geskenkies vir die mans gemaak – sy eie tuisgemaakte Brandrissie sous en van ons vriende, die wat kan bak, het elkeen ʼn koek gemaak wat hul wou wat as ons nagereg tafel gedien het.



Vertel ons meer van jul Wittebrood?

Ons het iets heeltemal anders as die normaal gedoen vir wittebrood.  Nie een van ons wou op ʼn strand gaan lê (waarby baie van ons vriende ons aangeraai het om eerder ʼn rustige wittebrood op ʼn strand te hê na al die beplanning van die troue), maar ons is te avontuurlustig om net op ʼn strand te gaan lê.  Selfs die reis agent het ʼn paar maal doodseker gemaak of dit dit vlugte is wat ons verkies.  Ons het die normale see vakansie geruil vir berge, sneeu, nuwe mense, unieke kos geure en baie stories.  Iets heeltemal uit ons/enige iemand se gemaksone.  Ons het ons strand wittebrood geruil vir Morocco se kamele, woestyn, berge, sneeu, ongelooflike geure en asemrowende argitektuur, en Barcelona het ons harte gesteel met sy ryk geskiedenis en diverse gemeenskappe. Die reis was meer as 3000km oor land, maar elke kilometer die moeite werd.



Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Liefde vir God, maak mens net liewer vir die lewensmaat wat Hy oor jou pad gestuur het, en jy onvoorwaardelik gekies het. Dus kom liefde vanself. Fokus op hierdie 3… Vertroue, Respek en Eerlikheid… saam met liefde maak dit ʼn verhouding met God en jou gekose mens onbreekbaar.


[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]