Gert & Elizna se besonderse mooi troue

Mooi Troues is verlief op die troue van Gert en Elizna.  Die Vrystaat staan bekend vir Afrikaans wees en die troue doen ons mooi taal al die geregtigheid wat dit verdien!

Gert het baie geskok gelyk toe die beeldskone Elizna in die trougang afloop met ‘n Meermin snit trou rok van Enzoani.  Gert was nie die enigste een wat na Elizma gestaar het nie, maar ook hul gaste het Elizma agterna gekyk.

Die dekor van die troue kry ‘n hoër telling van Mooi Troues en dit is die tipe styl troues wat ons wil sien.  Die blomme wat uit die dak hang, die tafel opstel en prentjie mooi lappe gee ons hoendervleis!

Geniet die fotos en gebruik die inspirasie wat die troue bied.


 Vertel ons van jul ontmoeting?

Dit was ‘n Saterdag middag in 2008 en my ouers het gesê ons gaan vir die dag deur ry Parys toe om by nuwe vriende van hulle te gaan kuier langs die rivier.  Ek was nie vreeslik lus vir die idee nie, maar het my baadjie aangetrek en in die kar geklim, min-wetende dat ek daardie dag my man sou ontmoet.   Toe ons daar aankom het Gert die deur kom oopmaak en so het ons mekaar die eerste keer gesien.

Ons het skaam skaam begin gesels en so het alles begin. Ons altwee het die vermoë om die ander een te kan maak lag en ek dink dit is een van die eerste goed wat ons aanvanklik aangetrek het tot mekaar.  Ons kan saam lag en sommer simpel wees.



Was julle met wittebrood?

Ons was vir die eerste 4 dae van ons wittebrood Clarens toe.  Ons het in ons eie private hout hut gebly met die mooiste uitsig.  Daarna is ons Kampsbaai toe en na dit Kaapstad self.  Ons het ‘n groot liefde vir die Kaap en Clarens.  Dit was ‘n perfekte wittebrood!



 Wat was die inspirasie vir die tema van die troue?

Ons albei is baie lief vir die natuur en die skoonheid daarvan.  Ons wou ‘n baie elegante, unieke en gemaklike troue gehad het.  Dis een van die groot redes hoekom ons besluit het om te gaan vir n tent troue langs die Vaal rivier op ‘n plaas.  Ons het n natuurlike, stylvolle tema gekies met baie natuurlike groen blare, pastel kleurige rose en dekor, rou hou tafels, sagte blomme met baie Bloekomboom.  Ek is mal oor Bloekomboom en dit is regdeur ons troue gebruik in ruikers, tafel versiering, draperings ens.  Ons groot fokus was om n mooi maar baie lekker en gemaklike troue te hê. Ons wou graag gehad het ons gaste moet op hulle gemak wees en ons troue onthou as iets uniek.



Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Geniet elke oomblik van die spesiale tyd voor mens trou.  Dit is die lekkerste as julle dit saam kan geniet en deel.  Die huwelik is werklik n seën van God af. Geniet mekaar elke dag en moet nooit ophou om mekaar te bederf, saam te lag, en die klein goedjies te doen wat saak maak nie.


[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]