Ruan & Tanya se verlowings met Leeu’s

Ruan en Tanya het ‘n spesiale verlowing fotosessie gehad saam wilde diere en ons het nog nooit so iets op Mooi Troues gedeel nie so hoop julle geniet die oomblikke vasgevang deur die talentvolle fotograaf.  Die paartjie vertel hul liefdes verhaal en dit sluit in ‘n klomp ringe wat ‘n oulike rympie maak wat jul self hier onder kan lees.  Ons hoop jul asems word weg geslaan met die mooi diere in die fotos onder.

ruan-tanya-verlowing_0002 ruan-tanya-verlowing_0003


Hoe het julle ontmoet?

Ruan en Tanya het op universiteit ontmoet toe albei op die Puk studeer het. Dit was “love at first sight” in die biblioteek toe die twee mekaar die eerste keer gesien het.  Na universiteit het die twee se paaie geskei toe Tanya Tzaneen toe en Ruan Ierland toe is. ‘n Paar jaar later was dit weer “Love at First sight” toe hulle mekaar vir die eerste keer in jare sien.  Van daar af is die storie soos ‘n mens sal sê – ‘n sprokie wat waar geword het.

Kort nadat hulle mekaar weer sien vra Ruan vir Tanya om met hom te kys en gee haar
‘n KYSRING

‘n Ruk daarna gaan hou hulle vakansie in Frankryk.  In Parys voor die Eiffel toring raak hulle verloof en hy gee haar daar
‘n VERLOOFRING

Terug in Suid Afrika ontwerp Tanya die ring wat sy die res van haar lewe wil dra en sy kry toe
‘n TROURING

Op hierdie dag waar hulle mekaar die trou beloof kry Tanya haar droom man en word
‘n LOTTERING


ruan-tanya-verlowing_0004 ruan-tanya-verlowing_0005 ruan-tanya-verlowing_0006 ruan-tanya-verlowing_0007


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ons het in 2008 ontmoet by die  Noord Wes Universiteit – Pukke in die biblioteek


ruan-tanya-verlowing_0008 ruan-tanya-verlowing_0009 ruan-tanya-verlowing_0010


Hoe het julle verloof geraak?

4 Januarie 2015, Parys, Frankryk het hy voor Trocadéro met die Eiffel toring in die agtergrond op sy knieg gegaan


ruan-tanya-verlowing_0011 ruan-tanya-verlowing_0012


Wanneer het julle getrou?

28 Mei 2016 – Letaba River Lodge, Tzaneen, Limpopo.


ruan-tanya-verlowing_0013 ruan-tanya-verlowing_0014 ruan-tanya-verlowing_0015 ruan-tanya-verlowing_0016 ruan-tanya-verlowing_0017 ruan-tanya-verlowing_0018 ruan-tanya-verlowing_0019 ruan-tanya-verlowing_0020 ruan-tanya-verlowing_0021 ruan-tanya-verlowing_0022 ruan-tanya-verlowing_0023 ruan-tanya-verlowing_0024 ruan-tanya-verlowing_0025 ruan-tanya-verlowing_0026 ruan-tanya-verlowing_0027

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Natalie Loots Photography