Bruide fokus so baie op die reëlings van die trou dag dat hul seker roetines afskeep, so die artikel gaan net om jou weer te herinner oor die roetines en vanselfsprekende punte wat afgehandel moet word voor jou trou dag.
Eet en drink gesond
Vermy enige olierige kosse, weg-neem-etes of gaskoeldranke so maand of meer voor jou troudag, Jou vel sal die resultaat wys. Hou op rook indien dit moontlik is ook.
Vel produkte
Dit klink na ʼn goeie idee om jouself te bederf met daardie eksotiese en duur vel produkte vir jou trou dag, maar bederf liefs jouself so maand of meer eerder en verhoed enige allergie reaksies. Indien jy wil eksperimenteer met rome, olies en ʼn nuwe haarkleur doen dit eerder paar maande voor die trou dag.
Genoeg nagrus
Vermy die alkoholiese drankies twee weke of meer voor die troue. Dit sal help om seker te maak jy kry goeie nagrus in. Die oudste wenk in die boek om op jou beste te lyk is Skoonheid slaap en dit is nie net ʼn ou-vrou storie nie. Jy moes ook al meer as ʼn maand daardie nuwe nagroom gebruik, moenie vergeet van die oog room ook nie…
Betaal jou Diensverskaffers
Maak seker jy het state ontvang van al die Diensverskaffers ʼn week voor die trou dag en betaal die groot rekeninge deur EFT. Jy kan die kleiner rekeninge soos fotograaf, videograaf, platejoggie ens. op die dag met ʼn koevert kontant betaal, maar maak asb seker dat jy hul in kennis stel via e-pos en dat hul bevestig via e-pos dat dit reg is. Vra iemand wat jy vertrou, dalk jou ma of strooimeisie, om die koeverte uit te deel vir die diensverskaffers en laat hul sommer teken vir dit.
Gee sommer vir iemand betroubaar die ringe wat ook naby aan jul gaan wees gedurende die Seremonie.
Ons lê klem daar op dat dit is vreeslik onrespekvol om enige diensverskaffer na die troudag te betaal! Behalwe as hul ekstra dienste gelewer het soos deur jou versoek op die dag.
Stel ʼn Tyd-Lyn op
ʼn Tyd-lyn is ver die verloop van die dag. Dit is ʼn goeie idee dat jul Seremonie meester, hoof strooimeisie en -jonker een het. Dit sal die verloop van die dag net soveel makliker maak.
Stel tyd-lyne op vir jou diensverskaffers sodat hul presies moet weet waar hul hoe laat moet wees. Party diensverskaffers sal hul eie tyd-lyn vir jou opstel byvoorbeeld grimeer en haar kunstenaar as ook fotograaf.
Indien jul op ʼn afgeleë plek trou bevestig dat die diensverskaffers weet waar dit is. Stukkie advies wat ons kan gee is wanneer jul die laaste keer voor die troue na die venue toe gaan kry die ligging van die plek en deel met diensverskaffers deur WhatsApp. Vir grimeer kunstenaars en fotograwe moet jy maar die ligging van die plek deel waar jy aantrek net om seker te maak hul daag by die regte plek op.
Net om dubbel seker te maak hul kom by jou uit gee aanwysings vir hulle om ook te volg.
Die aand voor die troue:
Bederf jouself met ʼn gesig masker, wat jy al voorheen probeer het, ʼn warm skuim bad en strelende musiek om die senuwees te kalmeer.
Gedurende die aand vermy Sosiale Media en SMS-boodskappe na jou man. Gaan eerder deur ou fotos van jul twee saam en skryf vir jou man ʼn brief.
Oefen jou geloftes en maak seker jy ken dit vlot.
Eindig die aand af met jou gunsteling komedie en gaan slaap vroeg sodat jy uitgerus is vir die groot dag.
Artikel Geskryf deur: Mooi Troues