Ons is opgewonde om die besonderse troue van PJ en Roxanne te kan deel met julle. Tharien Strydom van Swagger Collective het haar taak baie goed kwyt geraak. Alle elemente van die detail op Roxanne se rok tot die linne vir die servette op die tafels het perfek saam gewerk en ons kan sien dat die troue ‘n reuse sukses was. Wel gedaan aan Swagger Collective wat inspirasie aan toekomstige paartjies gee wat ook hul droom dag besonders en perfek wil hê.
Blaai deur die mooi fotos en word geïnspireer wat jul verbeelding na ander wyke sal neem.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Terwyl ons nog geswot het, was ons altwee by n partytjie waar PJ se band, Havoc Vultures gespeel het, (toe hulle nog bestaan het, en hy die drommer was!) Ek het gedink hy is nogal aantreklik en sommer sy handtekening gevra na die tyd (eintlik bietjie tong in die kies bedoel). Niks het daarvan gekom nie, en ons het skoon daarvan vergeet. Dit sou eers n hele paar jaar later wees wanneer ons paaie weer gekruis het, toe my beste vriendin se kêrel (hulle is nou ook met mekaar getroud!) en PJ saam in n huis gebly het. Ons het toe agtergekom ons is eintlik nogal perfek vir mekaar, en vinnig onafskeidbaar geraak.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons was op vakansie in Amsterdam, toe PJ op die ingewing van die oomblik besluit het die tyd is reg om my te vra om te trou. Omdat dit nie vooruit beplan was nie, het hy uit Amsterdam uit my ouers gebel om eers hulle toestemming en goedkeuring te vra. Ons was besig om met ons fietse oor een van die bruggies oor die mooi kanale te ry, toe PJ skielik vir my vra om te stop. Toe ek omkyk sien ek net hoe hy struikel en amper van sy fiets afval – en met die opstaan vra hy my sommer net daar om met hom te trou.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was drie jaar saam.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Probeer om alles te geniet – die verlowing, die voorbereiding en alles anders wat gepaard gaan met die troue – en nie net die een dag nie! Ons het ons bes probeer om nie opgesweep te raak met onbenullighede nie, en eerder die groter prentjie te sien.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Dekor: Tharien Strydom van Swagger Collective
- Fotograwe: Rebecca en Bruce Meissner van Love Made Visible
- Trou Koördineerder: Nadine Minnaar
- Trourok: Valerie Britz van Val belle
- Trou ringe, bruid se rooskleurige krans, mans se das- ‘clips’: Lorean Jewellery
- Spyseniering: Sasha Simpson van Prep’ed by Sasha
- Videograaf: Jaen Kleynhans
- Blomme: Annette Ferreira, Isabeau Kotze, Sonja Du Toit, Alet Vorster
- Beligting: Beta, Piet Retief
- Venue: Open Window Institute for Arts and Digital Sciences
- Koffie Trokkie: Coffee on the Move
- Musiek: Pieter Bezuidenhout, Jotam Schoeman
- Tente: Mzanzi Stretch Tents,