Marnitz en Monique se troue was ‘n skou stopper te danke aan die dekor van Authentic Planning met die kant tafelloper, glas onder borde en sagte pienk rose. ‘n Goeie kontras tussen Vintage en Moderne tafel opstelling waar Minder is Meer van toepas kom.
Die troukoek was ook eenvoudig met klem op die kostelike koek toppers wat vir ons by Mooi Troues baie oulik was.
Hoe het julle ontmoet?
Ek het in 2012 my gemeenskapsdiens in Kimberley gaan doen en dis in hierdie selfde jaar wat Marnitz by Griekwas kom rugby speel het. Ons het op ‘n warm someraand in n sosiale restaurant mekaar vir die eerste keer gesien.
Watter eienskappe het julle na mekaar getrek?
Marnitz se mooi glimlag en oop eerlike gesig het my nuuskierigheid geprikkel.
Monique se prag het my dadelik van my voete afgevee!! Haar ongelooflike sprankelende teenwoordig was net een te veel vir hierdie man!
Vertel ons van die tema van die troue?
Beide ek en Marnitz hou van klassiek en elegant met ‘n titseltjie vintage. Ons het gevoel dat met ‘n ongelooflike mooi wyn landgoed soos Vrede en Lust was dit “Minder is Meer “.
Vertel ons van julle Wittebrood?
Ons was gelukkig gewees om op wittebrood na die pragtige eiland van Mauritius te gaan. Daar het ons in die Maritim Hotell en spa gebly waar ons op die hande gedra was van dag een af.
Julle advies aan paartjies wat nog moet trou?
Moet nooit dat die klein dinge op julle troudag jul dag kom bederf nie. Wees eg aan julleself, dit is tog wel julle troue en niemand anders sin nie! Die dag gaan oor julle so geniet elke oomblik en dank God vir die wonderlike voorreg van die huwelik.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Stilering & dekor: Authentic Planning
- Venue: Vrede en Lust
- Kar: SA Classics
- Troukoek: Karolien Cakes
- Trourok: Alana van Heerden
- Dominee: Ds. Sumari Redelinghuys
- Make-up: Cecilia Fourie
- Hare: Caren Fourie
- Fotograaf: Inecke de Kock
- Videograaf: Arjen