Die Sea Trader is ‘n venue in die Wes-kus wat baie gewild is onder paartjies wat graag langs die see wil trou. Soos ons onder lees was daar al twee bruilof-feeste gevier in een familie by Sea Trader.
Ons hou baie van die klassieke kombinasie van Vlootblou, Wit & Rooi wat die kleur skema was vir die troue van Kalie en Thea. Die kleurskema sal vir jare nog vars bly en is ideaal vir enige ontspanne of speelse troues.
Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?
Ons het ontmoet op Stellenbosch en ken mekaar al elf jaar. Ons het oorkant mekaar gebly en gereeld oor en weer gekuier. Eers was ons net goeie kennisse tot ons mekaar `n paar jaar later weer raak geloop het. Ons het ons eerste formele afspraak gehad en ses jaar uitgegaan voor ons die knoop deur gehaak het. Die grootste aanknopingspunt vir ons, was ons eenderse agtergronde en ooreenstemmende waardes.
Kallie is vir my ‘n rots. Hy is standvastig, eerlik en hy laat my vreeslik lekker lag!
Op sy beurt sê Kallie my opregtheid, goedheid en sagaardigheid het vir hom die deurslag gegee.
Wat was die inspirasie vir die tema van die troue?
Ons is albei lief vir die see en ek wou nog altyd `n see troue gehad het. Kallie is veral lief vir die Weskus en het my gereeld soontoe geneem, mettertyd het ek ook `n sagte plekkie vir die Weskus ontwikkel en na Kallie se suster en swaer se troue by Sea Trader was die keuse eintlik al gemaak. Daarna was dit maklik, toe ek eers “see” en “troue” by google se soekenjin intik en al die pragtige idees oor Nautical troues en die kleure van rooi, vlootblou, wit en beige sien was dit net verfyning wat nodig was.
Was julle met wittebrood? Indien wel, vertel ons meer daarvan.
Ja, ons was Madagaskar toe. Ons het na die Noord-Weste getoer na `n eiland met die naam Nosy Sakatia, daar het ons vir `n week net bietjie gerus; die plaaslike kultuur, kosse en mense leer ken. Die week daarna het ons op `n boot geseil na al die klein eilandjies en baaitjies in die omtrek, dit was waarlik die hoogtepunt van ons vakansie. Dit is `n pragtige land, dit is nog baie ongerep, die natuurskoon is asemrowend en die seelewe iets om oor huis toe te skryf. Die mense van Madagaskar self is ook baie vriendelik, hulpvaardig en trots.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Om `n troue te reël is een van die lekkerste ervarings ooit, maar dit kan ook lei tot frustrasie en onnodige konflik. Moet nooit uit die oog verloor hoekom julle trou en dat daar `n leeftyd na die dag van die troue saam begin nie. Dit is nie nodig om jou te ontstel oor klein goedjies wat oor `n paar jaar nie meer deel van die herinneringe gaan wees nie. Dit gaan oor God, jou lewensmaat en jy. Geniet dit, lag baie en pik `n traan as jy so voel, want dit gaan ontsettend vinnig verby.
Het julle ‘n Videograaf gehad?
Johan en Wildré van Iseecreative, hulle was wonderlik en die eindresultaat het ons drome oortref. Hulle het baie moeite gedoen om ons te leer ken en ons persoonlikhede in die video uit te beeld. Op die dag het ons nie eers geweet hulle is daar nie en die oomblikke wat ons gemis het, het hulle vir ons vasgevang.
‘
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue & Kos: Sea Trader
- Trou koördineerder & beplanner: Mazeth Fourie
- Blomme & Decor: Mint & Magnolia
- Fotograaf: Christine le Roux
- Videograaf: Iseecreative
- Musiek: Werner Denner
- Hare & Grimering: Anette Haughton
- Trourok: Maggie Sottero
- Troupak: Ralph Lauren [Moi Styling]
- Dominee: Ds. Richard van Wyk