Om ‘n trou fotograaf te kies is ‘n baie groot besluit en daar is baie elemente wat gepaard gaan met jou besluit. Fotograwe is nie jou goedkoopste belegging nie, maar moet nooit dit sien as ‘n uitgawe nie, maar meer as ‘n belegging. Jou trou foto’s is baie belangrik en die goedkoopste, maklikste opsie is nie noodwendig die beste opsie nie. Maak seker jy weet meer oor jou fotograaf en maak die regte besluit. Dit gaan ook baie oor die fotograaf en bruidspaar se persoonlikhede en of hulle vir mekaar gaan werk of nie. Onthou die fotograaf is een van die enigste persone wat jy heeldag mee gaan saamwerk op jou troue. Betaal eerder daai bietjie meer en huur ‘n fotograaf wat jy mal is oor en jy weet jy mee gelukkig sal wees. Jou foto’s is al wat jy sal oor hê na jou troue.
Onder het ons ‘n paar belangrike vrae wat jy jou fotograwe wat jy ingedagte het om te boek te kan vrae.
Wat is jou fotografie styl?
Daar is redelik baie verskillende fotografie style en gebruik altyd ‘n fotograaf wat bly by een styl en nie klomp verskillende style het nie. Dit kan gevaarlik raak as die fotograaf nie vertroue genoeg het om te bly by sy eie styl nie. Voorbeelde van style is: Natuurlike lig, Joernalistiek, Mode, Alternatief en die post-produksie is ook ‘n element om is ag te neem.
Met hoeveel begin jou pakkette?
Fotograwe het verskillende pakette, wat verskillende ure, dienste en produkte insluit. Maak seker jy weet presies wat jou pakket insluit en uitsluit.
Hoeveel kos buite pakket ekstra ure?
Jou pakket sluit ‘n sekere aantal ure in. Al is die ‘n voldag pakket wat jy boek, maak seker jy vrae jou fotograaf hoeveel is hom/haar voldag ure. Dan moet jy vrae hoeveel kos dit ekstra per uur vir addisionele ure buite die pakket se insluitende ure.
Hoeveel troues het jy al afgeneem as die hoof fotograaf?
Hierdie is ‘n belangrike vraag wanneer jy ‘n trou fotograaf kies. Jy kan ook nie net jou besluit baseer op gestileerde fotosessies wat die fotograaf gedoen het nie. Gestileerde fotosessies is baie meer kontrole oor en makliker om te beheer as ‘n troue waar dinge vinnig en onverwags gebeur en as dit nie vasgevang word op kamera nie, is dit vergete. Ook bygesê, daar is baie nuwe fotograwe, wat nie so baie troues afgeneem het nie, maar wel baie talentvol is. As jy nie gemaklik voel met die fotograaf se antwoord nie, doen maar nog bietjie navorsing oor ander fotograwe waarvan jy hou tot-en-met jy gemaklik voel. Die fotograaf wat die meeste troues afgeneem is nie noodwendig die beste nie.
Het jy al by ons venue geskiet?
Baie toekomstige bruidspare is baie bekommerd oor hierdie vraag. Let wel as ‘n fotograaf goed is en al ondervinding het, is dit nie nodig vir die fotograaf om voorheen by jou gekose venue af te geneem het nie. Hy/Sy kan dalk net voor die tyd by die venue omgaan om te verken waar hy/sy die beste foto’s sal kan kry. Partykeer is ‘n vars oog ook beter as ‘n bekende oog by ‘n venue vir ‘n ander gevoel as wat al die ander paartjies daar kry.
Hoeveel lig het jy nodig?
Baie belangrike vraag. Verskillende fotograwe maak gebruik van verskillende tegnieke en beligting. Maak seker jy vrae jou fotograaf hoeveel lig hy/sy nodig het. Let wel: Kerse word nie regtig gesien as lig nie, maar wel as ekstra mooi lig.
Gebruik jy natuurlike lig of addisionele beligting?
Watter tyd van die dag verkies jy om ons fotosessie as getroude paartjie te doen?
Dit sal jou beplanning en skedule vergemaklik as jy presies weet watter tyd van die dag jou fotograaf die fotosessie wil doen en weet of jy ‘n dag, middag of aand troue gaan hê, sodat jou fotograaf vir jou die beste tyd kan gee. Natuurlike lig speel ‘n vreeslike groot rol in foto’s en as die lig swak is, is die foto swak.
Verkies jy dat ons ‘n verlowing fotosessie boek?
Baie paartjies wat naby die fotograaf bly boek ‘n verlowing fotosessie. Dit maak dit meer gemaklik tussen die fotograaf en die paartjie. Dit is gewoonlik om meer gemaklik met die fotograaf te wees voor jou troue.
Werk jy van ‘n lys af wat ons kan voorsien?
Belangrike vraag. Party fotograwe hou nie daarvan om van ‘n lys af te skiet nie, meeste fotograwe doen wel as dit kom by die meer formele familie en vriende foto’s. Onthou om iemand naby te hê wat die mense op die lys ken. Moet nie net vir ‘n fotograaf ‘ n lys gee nie en verwag hy/sy moet die mense bymekaar kry nie. Dit is nie die fotograaf se werk om jou gaste te organiseer nie.
Bring jy jou eie tweede fotograaf?
Meeste fotograwe doen, maar as jy ‘n spesifieke tweede fotograaf ingedagte het, maak seker jy vrae jou fotograaf hieroor. Meeste fotograwe het hulle eie tweede fotograwe waarmee hulle gemaklik is om mee te werk.
Werk jy met jou eie assistent?
Belangrike vraag. Meeste professionele fotograwe skiet altyd met ‘n assistent. Dit is om tyd te bespaar en die fotograaf te assisteer om die beste moontlike foto’s te kry.
Hoeveel foto’s kan ons verwag?
‘n Vier ure troue teenoor ‘n Agt ure troue het verskillende aantal foto’s wat geneem word en gegee word. Let wel hierdie is ‘n baie algemene vraag en gewoonlik kan fotograwe nie die spesifieke aantal foto’s waarborg nie. Dit hang af van die troue, die foto oomblikke ens.
Het jy ‘n limiet van foto’s wat jy sal mooi maak?
Maak seker jou fotograaf en jy is op dieselfde blad wanneer dit kom by die mooi maak van foto’s. Mooi maak is om die fotograaf se “editing” styl op die foto’s te plaas en nie om jou soos ‘n super model te laat lyk nie. Dit word foto manipulasie genoem en is twee heeltemal verskillende dinge.
Hoe lank vat dit voordat ons die foto’s sal ontvang?
Moet nie jou foto’s binne 2 weke verwag nie. Fotograwe het baie kliënte en is gewoonlik baie besig gedurende seisoen tyd. Verskillende fotograwe het verskillende tydlyne waarvolgens hulle werk.
Ontvang ek ‘n USB, DVD? En moet ons al ons gedrukte foto’s deur jou bestel?
Wat gebeur as jy nie my troue kan afneem nie? Soos as jy in ‘n ongeluk is?
Moet ons ‘n kontrak teken?
Meeste professionele fotograwe het ‘n kontrak wat jy moet teken wanneer jy boek. In die kontrak sal meeste van jou vrae beantwoord word. Indien jy nie iets verstaan op die kontrak nie, vrae jou fotograaf per e-pos.
Hoeveel is die deposito?
Vrae altyd hoeveel is die deposito en of dit ‘n boek koste is. Indien dit ‘n boek koste is, is dit nie terugbetaalbaar nie, want jy betaal om ‘n spesifieke datum te boek. Vrae ook wanneer benodig die fotograaf die deposito en hoeveel persent van die faktuur?
Wat is die balans en wanneer is dit betaalbaar?
Vrae die fotograaf of hy/sy vir jou ‘n faktuur en staat sal stuur na die deposito of boek koste betaal is en teen wanneer die balans betaal moet wees. Gewoonlik moet die balans tenminste ‘n week voor die troue klaar betaal word.
Hoe werk jou kansellasies?
Baie belangrik. As jy besluit om jou trou datum te skuif na ‘n ander datum toe en jy het klaar jou fotograaf geboek. Maak seker jy vrae eers jou fotograaf of hy/sy beskikbaar is op jou nuwe datum. Indien nie, sal jy moet kanselleer en ‘n ander fotograaf kies. Vra jou fotograaf hoe hy/sy kansellasie werk en watter kostes daaraan verbonde is en die kansellasie tydperk.
Artikel Krediet
Geskryf deur Mooi Troues
Fotos verskaf deur Gunther Schubert