Die wonderwerk in die lewe gebeur buite dié gemaksone en dit het Mariska geleer toe sy maar gaan om die Batman fliek te kyk, sou sy nie gaan nie sou sy nooit vir Ian ontmoet het nie en sou ons nie hul troudag met jul kon deel nie. Hoe een klein besluit so ‘n groot effek op mens se lewe kan hê?
Ons by Mooi Troues hou baie van die oop kapel met die geroeste oudtydse motors om dit. Die kleur skema van die troue is ook mooi, Vloot Blou van die strooimeisies se rokke en die geel van die ruikers is ‘n vars kombinasie.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het ‘n gemeenskaplike vriendin wat ons albei genooi het om saam die nuwe Batman fliek te kyk. Al is ek nie regtig ‘n Batman aanhanger was ek nuut in Johannesburg en wou nuwe mense ontmoet. Ek het twee dae later ‘n e-pos van Ian gekry, en ‘n week later was ons eerste afspraak. Dit het gesneeu daai dag in Johannesburg ek was ‘n uur laat, maar hy het geduldig wag en koffie bestel. Ons drink nou al amper vier jaar saam koffie.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons het beplan om Heidelberg te gaan stap en het die oggend vroeg gery, hy het immers verby Heidelberg gery. Hy my het my verras met ‘n naweek in Clarens, ons het by die Golden Gate Park gaan stap en hy het my bo op die berg gevra om sy vroutjie te wees.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was twee jaar saam voordat ons getrou het.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Geniet die verlowing! Moet nie te veel stry oor die skriftipes en grote van die spyskaarte nie. Nooi die mense wie julle lief het, en stel ‘n begroting waarmee julle albei gemaklik voel! Ontspan en geniet die dag!
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Mooiplaatsie
- Fotograaf + Videograaf : Mighty Fine
- Grimeerkunstenaar: Natalie Joy
- Bloemiste: Maids of Honour
- Troukoek: Mallberry cakes
- Platejoggie: Crystal Clear entertainment
- Seremonie musiek: Rilassatevi