Marinus en Anri se verlowing fotosessie was al op Mooi Troues gedeel en julle kan na dit gaan kyk “Marinus en Anri se verlowing“.
Ons deel die paartjie se baie mooi troue met julle ook en wat vir ons uit gestaan het by die troue is die mooi kerk waarin die paartjie getrou het. Daar is ook ‘n paar fotos binne en buite van die paartjie geneem om die kerk.
Anri se Orgideë ruiker is iets wat ons nie baie baie troue sien nie en glo dit sal ‘n inspirasie wees vir toekomstige bruide wat idees soek vir ‘n ruiker.
Ons hou ook baie van die hout plek matjies met die spyskaart op. Die troue is vol inspirasie.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het op 30 April 2013 ontmoet met ʼn gemeenskaplike vriendin se verjaardagpartytjie. ʼn Week later het Marinus my gevra om saam met hom te gaan koffie drink en soos hulle sê: “The rest was history!”.
Hoe het julle verloof geraak?
Op 14 Maart 2015 het ons vir die dag Hartbeespoort toe gery om die dag daar te gaan spandeer en kabel karretjies te gaan ry. In die kabel karretjie op pad na bo het Marinus die mooiste goed vir my gesê en in die klein spasie tussen die twee banke in die kabel karretjie op sy knie gaan staan en die groot vraag gevra. Ek was so geskok en verras dat ek hom eers ʼn antwoord gegee toe ons bo op die berg moes afklim. Die dag was baie spesiaal!
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons het mekaar 2 jaar en 9 maande geken toe ons getroud is.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Julle troudag is die eerste dag van ‘n hele nuwe hoofstuk. Maak dit so spesiaal as moontlik en neem alles in reg van al die droom en beplan oor die dag tot die dag self. Voor die groot dag wens jy tyd om en as die dag aanbreek dan gaan dit so gou verby! Moenie dat klein dingetjies die geluk in die seisoen steel nie.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograwe: I Do Photography
- Anri se rok: Eugeleo Zeloo
- Grimering: Rene Maree
- Marinus se pak: Euro suit
- Venue: Grootbosch