Die mooi troue van Johan en Restelle deel ons graag vandag met jul op Mooi Troues en hul verlowing was ook gepubliseer op ons blad. Julle kan na Johan en Restelle mooi verlowing hier loer. Ons is bly om ‘n paadjie saam paartjies te loop.
Hier is baie inspirasie in die fotos wat jul onder kan deur blaai onder ander soos die hanger waarop Restelle se trourok hang, die sakkies waarin hul konfetti was en die asemrowende mooi dekor van hul troue. Die dekor van hul troue gee ‘n regte plaas gevoel en ons is versot op die Granate wat uit die dak hang. Die klein windpompe en gehekelde figuurtjies is ‘n briljante tikkie inspirasie. Ons weet sommer julle gaan baie idees van die troue kry veral as jul gaan met ‘n plaas tema vir die trou dag.
Hoe het julle ontmoet?
Ons het die eerste keer ontmoet nadat my werkgewer (wat soos ‘n tweede ma is ) ‘n entrepreneurs kursus bygewoon het waar Johan een van die aanbieders was. Hy het haar aan haar eie man laat dink en nadat sy vasgestel het dat hy enkel lopend is het sy hom apteek toe gebring om ons aan mekaar voor te stel.
Hoe het julle verloof geraak?
Ek het gedink ons gaan saam met sy niggies wat vir die naweek in Hartenbos was uiteet. Op pad restaurant toe het hy vir my gesê ons moet net eers by sy huis stop want hy het sy beursie vergeet. Toe ek die huis binne stap het hy die hele gang vol kerse gepak en ons fotos orals op geplak. Die paadjie het gelei na n piekniek mandjie, met al my gunsteling lekkernye. Die oomblik was perfek toe hy my vra om vir ewig syne te wees en met oë vol trane en n dol gelukkige hart het ek JA gesê!
Hoe lank was julle bymekaar voordat jul getrou het?
Ons het mekaar in Maart 2014 ontmoet en op 17 Oktober 2014 begin uitgaan, 1 Mei 2015 verloof geraak en op 19 Maart 2016 ewig trou aan mekaar beloof.
Advies aan ander paartjies wat nog moet trou?
Wedersydse vertroue, liefde, respek en eerlikheid tesame met kommunikasie is die boustene van ons huwelik. Geniet jou maat, wees lief en onthou altyd dat julle net aan mekaar geleen is. Daarom moet ons elke dag ons heel beste vir mekaar gee!
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf : Anina Harmse
- Trourok : Eurobride Cape Town
- Venue , blomme, dekor en spyseniering : La Rosa Blu – Jane van Jaarsveld en span
- Troukoek en bunting: Hanita Vivier (vriendin van bruid)
- Cake Toppers : Lalla B Hekelwerk (Lezelda Faul)
- Hare: Jesica Joubert – Jesica’s
- Grimering : Gabriela Neto
- Betonneer : Help n Bruidjie
- Skryfbehoeftes : Cat Signs George