Alhoewel Jaco en Cailyn bevoorreg is om te reis vir werk en van die mooiste plekke op die aarde kan sien het hul vir kies om hul mees spesiaalste dag op Suid-Afrikaanse bodem te vier in die pragtige Oos-Kus dorpie, Gansbaai. Ons hoop Jaco staan nog by sy aanmerking vir lank wat hy gemaak het om Cailyn se hart te wen. Die emosie het Jaco ook oorslaan toe hy sy Mevrou in die trou-gang sien afloop. Ons by Mooi Troues hoop jul geniet die troue.
Vertel ons hoe het julle ontmoet en die eienskappe wat jul na mekaar aangetrek het?
Ons het mekaar op ons Tuisdorp, Hermanus, ontmoet uit een aand. Ons het albei al jare daar gebly maar mekaar nooit gesien nie. Hulle het begin gesels oor werk in die buiteland, Jaco was op pad om op ‘n seiljag te gaan werk en ek, Cailyn het sopas terug gekeer van ‘n kontrak op ‘n Passasierskip. Die aand het een van Jaco se vriende ‘n drankie op Cailyn se hemp gemors en Jaco het die moed by mekaar geskraap om na haar toe gegaan en in haar oor te fluister “Can I do your laundry?” en toe het Cailyn ja gesê.
Van daai oomblik was ons vir altyd saam.
Wat was die inspirasie vir die tema van die troue?
Ons het met ‘n rustieke chic tema gegaan vir die troue want ons albei is lief vir die natuur en het gedink dat die tema sal goed gaan met die onthaal by De Uijlenes. Ons het ‘n bietjie van onsself bygevoeg in die tema deur die benaming van die tafels na plekke van die wêreld te noem waar ons saam was.
Was julle met wittebrood?
Ons het Thailand toe gegaan net vier dae na ons troue. Ons het elke romantiese sekonde in Phuket, Railay Baech en Kamala Beach op ons wittebrood geniet. Dit was die ideale tyd vir ontspan voordat ons moes terug keer Frankryk toe vir werk.
Raad wat julle kan gee aan ander paartjies?
Probeer om nie veel spanning te hê nie, stop en neem elke dingetjie, en oomblik in! Tyd gaan so ongelooflik vinnig verby op jou spesiale dag! Ons het regtig probeer om die oomblik te skep van ons troue en dit te waardeer. Dit was werklik die mees wonderlikste dag van ons lewes en ons kon nie glo hoe vinnig die tyd gevlieg het nie! Wens ons kon die tyd terug draai en alles weer oor doen!
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: De Uijlenes
- Trou Rok: The Wedding Boutique
- Fotograaf: Linda Fourie Photography<
- Videograaf: 25 Weddings
- Grimering: WM Bridal Make-up Hermanus
- Naels: Jaco-Riens
- Hare: Amrie Haarsalon Hermanus
- Dekor & Huur: Best Days