Met laataand stappies op kampus het rustige Cobus verlief geraak op Caitlin se glimlag en oรซ waarin hy vir ure kon staar. Hulle het met tyd beste vriende geword wat โn belangrike fondasie is vir enige huwelik. Cobus en Caitlin se advies aan paartjies wat nog trou is baie waar. Ons by Mooi Troues hou van hoe die paartjie se emosies vasgevang is op kiekies verewig en die vlootblou en wit dekor soos ons op die tafels kan sien in โn briljante kontras met die perd en hooi-balle.
Vertel ons hoe het julle ontmoet?
Ons storie begin seker soos meeste stories, โn ontmoetingโฆ Wat opgevolg word deur baie gesels en afsprake, en โn vriendskap wat vorm. Ons het in die eerste week van ons eerste jaar op universiteit ontmoet. Blote toeval, koshuise wat sleep, albei van die Vrystaat en albei wat moeilike kursusse aanpak. Nie een van ons was al ooit so gemaklik met iemand nie, al was ons nog eintlik vreemdelinge. Maar na baie laataand wandelinge op kampus het ons vriendskap in iets meer ontwikkel. Ons het mekaar se beste maatjies geword en een van die pilare van ons huwelik.
Watter eienskappe het julle na mekaar aangetrek?
Eienskappe van Cobus wat vir my aantreklik is, is hoe rustig hy is. Maak nie saak hoe rof my dag was nie, hy kan my altyd beter laat voel en my dan laat lag. Hy maak altyd tyd om werklik na my te luister. Hy voltooi my as mens.
Caitlin se eerste aantrekkingspunt vir my was haar beeldskone oรซ en pragtige glimlag. Van die eerste oomblik wat ek haar ontmoet het, het ek gemaklik gevoel en sy het die ware Cobus gesien. Sy sien die beste in my en maak my volmaak in elke sin van die woord.
Styl vir die troue?
Ons het nie โn spesifieke tema vir ons troue gehad nie. Net โn stylvolle en eenvoudige byeenkoms van al ons naastes. Die troue is uit en uit ons smaak en is โn beeld van ons persoonlikhede. Die gaste se geskenke was yskasmagneetjie wat ons self gemaak het en ons het prentjies opgesit wat spesiale betekenis vir ons het. Saam met die magnete het ons โn kaartjie gemaak wat elke prentjie se betekenis verduidelik. Ons streef om die eenvoud in detail ook deur te trek tot hoe ons ons lewe wil lei.
Vertel ons van julle Wittebrood
Ons was Phuket toe vir ons wittebrood. Dit was ons altwee se eerste keer om te vlieg en was omtrent โn avontuur op sy eie. Ons was geleรซ in Patong, wat โn tipiese kusdorpie gevoel het en die mense is baie vriendelik. Die weer was idillies en ons het nie een dag gehad wat te warm, te nat of te winderig was nie. Daar is oorgenoeg dinge om te doen en daar is toere na al die omliggende eilande. So โn uitstappie is โn absolute moet! Ons sal beslis weer teruggaan!
Raad vir ander paartjies wat nog trou?
Jul troudag is jul spesiale dag en natuurlik wil mens hรช alles moet perfek afloop soos beplan, maar wees bereid om jou planne aan te pas. Baie dinge kan op die dag onverwags plaasvind, maak nie saak hoe goed jul beplan het nie. Gaan jul dag in met die houding dat die belangrikste is dat jul ewige trou en liefde aan mekaar belowe. Alles anders wat gebeur sal oor โn paar jaar net โn vae herinnering wees, maar die belangrikste sal altyd voortleef in jul harte!
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Rok: Hanlie Botha
- Pakke: Eurosuit
- Bruidsmeisies: The Maiden
- Venue: Lezar Opstal
- Fotograaf: Laura Leigh Photography
- Videograaf: MSM Productions
- Musiek: DJ Farmboy verskaf deur Lezar Opstal
- Skryfbehoeftes: GAP Designs
- Hare en Grimering: Only the Best Hare Designers
- Blomme: Blommetaal Florist
- Wimpers en Naels: Beauty and the Brush SA
- Koek: Kristienโs Bakery