As dit kom by jou lewensmaat kies, is daar niks beter as om die gesag van bo te vra om jou te help nie. Sit jou lysie bymekaar en bespreek dit met die gesag van bo. Dit is altyd belangrik om geloof eerste in enige verhouding te sit. Sodoende word daar ʼn standvastige fondasie gelê vir ʼn wonderlike verhouding.
Buys en Hele het mekaar voor die seremonie gegroet, maar was vir die geleentheid albei geblinddoek. Ons dink dit is ʼn baie oulike idee, veral om mekaar net met woorde en teenwoordigheid te kalmeer.
Nou toe, geniet hierdie troue vol klein inspirasies.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Gebede word werklik verhoor. Ek het Februarie 2014 vir die Here gevra dat Hy asb vir my ʼn man moet kies, natuurlik ek ek my hele lysie gehad hoe die regte man vir my moet lyk en wat hy alles moet doen ens. ʼn Maand later stap hy in my lewe in. Ek het vir Buys (Rudolf) al ʼn paar kere gesien by die winkel waar ek toe gewerk het , maar nooit voorheen het ons met mekaar gesels nie. Tot die dag wat hy sê hy moes net met my begin praat het. Toe ons eers begin gesels kon ons nie ophou nie, ons het baie ingemeen gehad omrede ek ʼn interieur ontwerper is en hy is ʼn verf kontrakteur. Hy was net perfek vir my. Later daai week op pad Kaap toe saam my ouers het ek vir my ma gesê ek het my trouman ontmoet. Op pad terug van die Kaap af het Buys gevra of hy nie my ouers kan ontmoet nie , hulle was mal oor hom. Hy en my pa het lekker pêlle geraak.
Hoe het julle verloof geraak?
Buys skiet klei-duiwe en hulle het einde Oktober 2015 ʼn kompetisie in die Kaap gehad, dus is ons daai naweek Kaap toe vir die kompetisie. Agteraf het Buys en sy pa met my ouers gereël dat hulle saam Kaap toe moet gaan. Buys het die hele Saterdag geskiet en het ek hom maar min gesien. Ek het in my hart gehoop dat ons daai naweek sal verloof raak, maar teen Sondag middag sê ek vir my ma as ons nie die naweek verloof raak nie kan Buys dit maar los. Sy pa het plek vir ons bespreek by On the Rocks in Blouberg, op pad soontoe was hy glad nie homself nie, glo sleg geslaap. Nadat ons kla geëet het sê Buys hy kry vreeslik warm en ons moet buiten toe gaan en daar op die rotse gaan die man op sy knieë en vra of ek met hom sal trou , my antwoord verseker JA!!!
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons het mekaar twee jaar en een maand geken voor ons troudag.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Geniet net elke oomblik, moenie oor iets stres nie dit sal wel alles uitwerk soos dit moet.
- Grimering: MUD Studio Bloemfontein
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Tania Allen
- Venue: Monte Bello Estate
- Troukar: Dr. Japie Vos
- Troukoek: My skoonfamilie
- Dekor: Ma Welna en plaaswerkers
- Skryfbehoeftes: Bruid & Ma Welna
- Beligting: Drape Inc
- Trourok: Julie Winterburn
- Musiek: DJ Magpie
- Hare: Izelle Spies
- Blomme: Tannie Petro, Ma Babsita en susters
- Bruidegom se pak: Martin Delport
- Seremoniemeester: Thinus Oosthuizen
- Huweliksbevestiger: Ds Arnold Smith (NG Steynsrus)