Ons deel Stuart en Jeanika se trou dag met ons lesers. Daar is elemente van die troue waaroor ons baie hou! Vintage is romanties en sal nog lank ‘n tendens bly by troues vir paartjies wat liefs met ‘n klassieke styl wil gaan. Die dekor van die troue is sag en glad nie oorbodig nie. ‘n Perd is so ‘n statige dier en as ‘n ekstra in foto’s is altyd ‘n bonus om ‘n luukse gevoel te bied. Stuart het emosioneel geraak toe Jeanika in die kapel instap. Die hele dag se emosie is verewig op mooi kiekies vasgevang.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het die heel eerste keer ontmoet toe ons sestienb was by ‘n vriendin se partytjie, maar nie een van ons kon dit regtig onthou nie. In 2011 het Stuart se vriend met my vriendin gaan koffie drink en hulle albei het iemand saam gebring. Ons het daardie aand heel aand gesels en daarna meer begin kuier. Toe ons na so paar maande saam is het ons op ‘n foto afgekom van die partytjie wat ons bygewoon het en daarop sit ons langs mekaar.
Hoe het julle verloof geraak?
Stuart het ‘n uitnodiging met roos blare in, in my posbus gelos vir ‘n romantiese aand uit. Hy het my daardie aand kom op tel, my geblinddoek en baie draaie met my gaan ry. Hy het my uit die kar uit gehelp en ons het ‘n entjie gestap. Hy het vir my gevra om stil te staan, ‘n liedjie het begin speel (Home van Phillip Phillips) en na ‘n kort tydjie het hy gesê ek kan die blinddoek af haal. Ons was in sy ma hulle se sprokies-tuin en daar was net liggies en kersies waar ek gekyk het en natuurlik ‘n romantiese gedekte tafel en pragtige rooi rose. Hy het my daar gevra om te trou en ons het ‘n romantiese ete onder die sterre en tussen al die pragtige liggies geniet.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons is 7 Februarie 2016 al 5 jaar saam.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Kommunikasie is ongelooflik belangrik! Asook ons het vooraf huweliksberading gedoen en dit is die beste ding wat ons ooit kon doen. Dit het gehelp om ons denkwyse op dieselfde plek te kry. Sal dit vir enige iemand voorstel.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue, catering, dekor en blomme: Die Akker Country Venue
- Fotograaf: Daniel West Photography
- Troukoek: Felicity Boonaert (Stuart se tannie)
- Trourok: Gemaak deur Elise Visser
- Grimmering: The Original Pink Lady
- Bruid se hare: Hair Divine
- Predikant: ‘n Man met ‘n hart van goud, Thabo Maseweu.