Pieter & Leticia se Boho troue

Pieter en het ‘n lieflike Boheemse troue gehad by ‘n trou venue in Mpumalanga.  Hulle het onlangs ook saam ‘n besigheid begin wat die ruikers vir die meisies en dekor van die troue gedoen het.

Dit lyk in die fotos of dit ‘n baie gemaklike en lekker troue was en Pieter en Leticia deel goeie advies vir paartjies wat besig is om hul troue te beplan.

pieter-leticia_0002 pieter-leticia_0003 pieter-leticia_0004 pieter-leticia_0006 pieter-leticia_0007 pieter-leticia_0008 pieter-leticia_0010 pieter-leticia_0011 pieter-leticia_0012 pieter-leticia_0013


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ek en Leticia het ontmoet deur ‘n my goeie vriend, Gerhard wat ook ‘n strooijonker op ons troue was.  Ons het eers vir drie maande lank via SMS en Facebook kontak gehou tussen Tailand en Suid Afrika.  Toe ons mekaar die eerste keer sien was die koeël deur die kerk.


pieter-leticia_0014 pieter-leticia_0015 pieter-leticia_0016


Hoe het julle verloof geraak?

Ek het in die geheim ‘n naweek weg gereël met die hulp van Leticia se jongste suster Amarencia.   Ek het Leticia na Kaapschehoop net buite Nelspruit geneem om die lekkerste pannekoek te gaan eet.  Net voor ons gaan eet het, het ons eers gaan stap om die mooiste uitsig te gaan sien op Kaapschehoop se uitkyk punt, toe ons bo kom moes ons eers asem skep en toe vrae ek vir Leticia om die res van haar lewe saam my te spandeer.


pieter-leticia_0017 pieter-leticia_0018 pieter-leticia_0019 pieter-leticia_0020 pieter-leticia_0021 pieter-leticia_0022 pieter-leticia_0023 pieter-leticia_0024 pieter-leticia_0025 pieter-leticia_0026 pieter-leticia_0027 pieter-leticia_0028 pieter-leticia_0029 pieter-leticia_0030 pieter-leticia_0031 pieter-leticia_0032 pieter-leticia_0033 pieter-leticia_0034 pieter-leticia_0035 pieter-leticia_0036 pieter-leticia_0037 pieter-leticia_0038 pieter-leticia_0039 pieter-leticia_0040 pieter-leticia_0041 pieter-leticia_0042 pieter-leticia_0043 pieter-leticia_0044 pieter-leticia_0045 pieter-leticia_0046


Hoe lank was julle saam voor julle getrou het?

Ons was amper twee jaar saam.


pieter-leticia_0047 pieter-leticia_0048 pieter-leticia_0049 pieter-leticia_0050 pieter-leticia_0051 pieter-leticia_0052 pieter-leticia_0053 pieter-leticia_0054 pieter-leticia_0055 pieter-leticia_0056 pieter-leticia_0057 pieter-leticia_0058 pieter-leticia_0059 pieter-leticia_0060 pieter-leticia_0061 pieter-leticia_0062 pieter-leticia_0063 pieter-leticia_0064 pieter-leticia_0065


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Trou advies sal ons sê beplan van dag een af self julle troue, ons wou ons eie ding doen met ons troue, dinge wat ons van hou die venue, kos, musiek, die dekor ens, doen wat julle van hou en nie wat jy dink die gaste sal van hou nie. Moet nie onnodige skuld gaan maak vir julle troue nie.  Wanneer die troudag aanbreek geniet elke oomblik daarvan, want dis in ‘n oogwink verby.  Spandeer op ‘n goeie fotograaf, lekker kos en ‘n goeie platejoggie dit sal die gaste gelukkig hou.


pieter-leticia_0066 pieter-leticia_0067 pieter-leticia_0068 pieter-leticia_0069 pieter-leticia_0070 pieter-leticia_0071 pieter-leticia_0072 pieter-leticia_0073

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]