Ons by Mooi Troues kan sien Morné en Taryn is ‘n besonderse oulike paartjie wat soos ‘n handskoen bymekaar pas. Hulle persoonlikhede komplimenteer mekaar wonderlik! Die troue het die mooie Robertson Vallei plaasgevind. Hul unieke persoonlikhede kan duidelik in hul dekor en foto’s gesien word. Ons kan ook sien die gaste die troue behoorlik geniet het! Die kleurskema van vloot blou het ook alles mooi afgerond.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het ongeveer in 2011 ontmoet in ‘n bekende kuier-plek in Durbanville. Dit is nou nie iets wat ons vreeslik romanties sal noem nie, plus dit was redelik eienaardig siende dat Morné tot vandag toe vir almal vertel hy het nie regtig van my gehou toe hy my die eerste keer ontmoet het nie, maar mettertyd het ons mekaar leer ken en ek is toe Amsterdam toe vir ‘n jaar lank, daarna het ons weer herontmoet, maar die keer het dit beter as ooit gegaan.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons het vir ons twee jaar herdenking Arum Lily toe weg gegaan vir ‘n naweek naby Wolsley. Hulle het die mooiste hout huisie reg langs ‘n dam, die huisies is op ‘n werkende vrugte plaas. Ons het die Saterdag middag tussen die boorde gaan loop en met die terugkoms besluit om die borrelbad te begin stook (dit was van die soort wat jy ‘n vuurtjie maak en jy kan nie die hitte beheer nie). Ek, natuurlik, toe kom met die voorstel dat ons die kaggel binne die huis solank moet aansteek sodat wanneer ons weer binne kom is die huisie lekker warm siende dat die borrelbad buite was. Morné het later begin soebat dat ek tog net op die stoel moet kom sit en ek hou net voort ek wil die kaggel aansteek. Eventueel gee ek in en hy oorhandig vir my ‘n papier – self geskrewe gedig en daarna ‘n opgerolde papier wat ek oopmaak met die woorde “SAL JY MET MY TROU?” (Hy is relatief skaam) en toe ek die papier voor my weghaal staan die man op sy een knieg met my droom ring, trane, sjampanje en baie oproepe later is ons uiteindelik ‘n verloofde paartjie.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons het in Julie 2014 verloof geraak en na ‘n jaar en half se intense beplanning uiteindelik op 5 Desember 2015 getrou.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Sjoe! Daar is so baie! Ons se gereeld vir almal; Onthou altyd net dit is julle dag. Dit is julle belofte wat julle voor God neerlê. As jy nou nie die tannie van ‘n verre land genooi het of nie die tafeldoeke kies waarvan jou ma hou nie sal niemand jou kwalik neem nie. Al wie julle hoef te beïndruk is julself; Dis ‘n dag wat so bitter vinnig verby gaan! Dit is ‘n dag wat spesiaal vir julle uitgesit is, maar beslis ‘n dag wat julle vir altyd gaan onthou.
Maak seker daar word sommer baie foto’s geneem. Al is dit jou oom se Kodak kamera! As iets verkeerd gaan, gaan niemand julle oordeel nie, want hulle gaan nie eers weet dat iets is nie soos dit moet wees nie. Mense moet by julle onthaal in loop en vir “julle” sien – doen alles net wat julle harte begeer, julle gaan immers vir die res van julle lewens na daardie foto’s teen die muur moet kyk. Maak elke oomblik tel, jy beplan mos immers net om een keer te trou.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Seremonie en Onthaal: Wolfkloof Wine Boutique, Robertson
- Trou- en strooimeisie rokke: Christene Stander
- Hare en Grimering: SK Beauty Studio
- Fotograaf: PureLight Studio Photography
- Dekor: Function Hiring 4U
- Koek: Frosted Fudge
- Skryfbehoeftes: Little Woodpecker
- Akkomodasie: Mo & Rose – Robertson