Leon en Natasha se mooi troue gee ‘n baie natuurlike buite-lug gevoel met hulle seremonie onder die woudagtige bome. Ons is mal oor die dekor en blomme wat Dinique Emporium gedoen het. Die blomme en dekor pas ook vir ons in by ‘n woud en sprokies tema. Dit lyk soos ‘n deel van ‘n sprokies verhaal soos “Alice in Wonderland” wat jou wegneem na ‘n ander wêreld. Die paartjie se troue was baie kreatief gedoen met die oulikste blom kopstukke vir Natasha en haar strooimeisies. Natasha se kleurvolle en lekker groot ruiker is ook ‘n baie mooi element by die paartjie se troue.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons was saam op skool en geweet van mekaar, maar 4 jaar later het ons mekaar weer raak geloop in ‘n “Metal Club” hy is n ry skool instrukteur en ek het lesse nodig gehad. Ons het nommers gedeel en n paar maande daarna eers begin met ry lesse. Ons het meer gegaan vir drankies en gesels op “Mixit” (ja dis hoe lank terug te dit was, voor WhatsApp se dae) as lesse. Ek was so verlief ek het gedog ek was siek, hartkloppings, kon nie slaap nie, kon nie eet nie. My Dokter het my toe gevra of ek nie dalk verlief is nie.
Hoe het julle verloof geraak?
Op ons vyf jaar herdenking (14 Februarie) het hy die hele dag beplan, om als te doen wat ons op ons eerste afspraak, te doen Butterfly world, “sunset cruise” met vonkel wyn. Maar eers het hy my gevat vir Middag ete in ‘n Boom huis by Moyo Spier in Stellenbosch. Ons is vreeslik lief vir die natuur en Bome en diere, ons het baie “rescue “diertjies” en in die boom huis met waterval en voëltjies wat speel in die water het hy op een knie gegaan. dit was n droom wat waar word! Niks meer romanties nie. ek was nog nooit so gelukkig in my hele lewe nie. als was mee as perfek.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was 6 jaar en 8 maande saam. Ons het getrou op 14 November 2015.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Lag!! Maak mekaar lag en moet nooit ophou gesels nie!! Ek en Leon kan vir ure aan een gesels, daar was al n paar keer wat ons in die bed lê en gesels en lag het tot ons altwee aan die slaap val in mekaar se arms. ‘Ons lag elke dag en gesels oor alles.
Die foto van die hondjie op my blomme, dit is my hondjie wat ongelukkig n jaar voor ons getroud is oorlede is, sy was my hele wêreld, my beste vriend. Alles wat ek gedoen het was vir haar. Ons het altyd gesê “she will walk me down the aisle” sy moes maar toe in gees met haar gesiggie op my blomme saam my stap.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Blomme & dekor: Dinique Emporium
- Trourok: Ilse Roux
- Fotograaf: Tracy Robertson
- Grimering: Sune Theunisen van Be Beautiful Health & Beauty
- Hare: Nadia De Waal van Hair Matterz
- Platejoggie: Andy Hawes van The 3 Jukebox Heroes
- Koek: Tihmily Cakes