By Mooi Troues hou ons van paartjies wat baie betrokke is by die dekor van hul troue. Ons sien ‘n groot tendens dat paartjies tyd neem uit hul besige skedules en saam familie goedjies maak vir hul troue, as die familie nie te opdringerig is met hul eie idees nie kan dit ‘n aangename ondervinding wees was die mooiste herinneringe koester wat ongelukkig nie of fotos vas gevang sal word nie. Suzanne deel met ons ‘n brokkie inligting “Ons het origamie blommetjies van my ouma se ou musiek-boeke gemaak. Terwyl my niggie besig was om te vou en plak, vind sy ‘n bladsy waarop my ouma haar naam self geskryf het. Hierdie papier blommetjie was in my ruiker.”
Geniet die troue en kry sommer baie inspirasie by die troue.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Op Stellenbosch tydens ons studentejare.
Hoe het julle verloof geraak?
Hein ‘n naweek weg gereël – om bietjie te ontsnap van die besige lewe van ‘n hoërskool-juffrou en ‘n prokureur bestaan. Ons het in ‘n klip huisie net buite Tulbagh gebly. Die Saterdagoggend het ons gaan stap op die plaas en toe ons terugkom, het Hein vir my sy nuwe liedjie op sy kitaar gespeel. Ons plan was om ‘n paar wynplase te gaan besoek, so ek het solank gaan regmaak.
Hein was in Dagbreek en hulle kenteken is die Eiffel-toring.
Toe ek amper reg was om te gaan, roep hy my buitentoe om iets te kom kyk. Toe ek uitkom op die stoep, staan Hein op sy knie langs ‘n hout Eiffel-torinkie met die ring boksie in sy hand. Ek het so verskriklik gebewe, maar dit was die perfekte oomblik.
Hoe lank was julle saam voor julle getrou het?
Ons was vyf jaar en sewe maande saam.
Advies aan ander paartjies
Kommunikasie en kwaliteit tyd saam.
Hein se wens vir ons huwelik wat hy in sy toespraak op ons troue gegee het, is: Mag ons altyd anders wees. Mag ons altyd eg wees. Mag ons altyd onvoorspelbaar wees.
DIT is belangrik. Julle twee moet soos ‘n mini “bende” wees – daar moet sekere dinge wees wat net tussen julle twee bly.
En seker die heel belangrikste: bid saam.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Mont Rouge Tulbagh
- Spyseniering: Mont Rouge (Cindy du Plessis)
- Fotograaf: Liesl Basson Photography & assistent Lomé Burger
- Blomme: Corlia Mouton
- Liedjies tydens seremonie sing: Danie du Toit van Spoegwolf
- Platejoggie: DeeJays Paarl
- Pre-drankies orkes: The Brothers Goodkat
- Verblyf tydens ons troue: Mont Rouge Cottages (Marisha du Plessis)
- Konfetti: roosblare by Langkloof Roses buite Wellington gekoop
- Dekor en alle tierlantyntjies: ek, my ma & bruidsmeisies het alles self gemaak
- Spieëls op die tafels: Trendy Decor Tulbagh (Suzanne Hartmann)
- Trourok: Ilse Roux Bridal Wear
- Juweliersware: Swarovski
- Pakke: Mr Suit Hire
- Grimering en hare: Skoonlief (Suzanne Bezuidenhout)
- Troukar: Mont Rouge
- Wyn: Cork and Cap (hulle is goeie vriende van ons en het die labels volgens ons smaak ontwerp)
- Roomysmasjien: Mont Rouge