Danie & Esmarie se besonderse Vrystaat troue

Ons is absoluut verlief op die troue van Danie en Esmarie wat in die Vrystaat gehou vas.  Dit bewys ons dat die Vrystaatse mense weet hoe om ‘n mooi troue te reël.   ‘n Element wat baie vir ons uitgestaan het is dat die bruid, Esmarie, in ‘n kweekhuis vir die kamera poseer.

Kyk die video en blaai deur die paartjie se trou fotos en jy sal sien Danie en Esmarie is ‘n baie oulike paartjie en perfek bedoel vir mekaar.

danie-en-esmarie_0002 danie-en-esmarie_0003 danie-en-esmarie_0004 danie-en-esmarie_0005 danie-en-esmarie_0006 danie-en-esmarie_0007 danie-en-esmarie_0008


Hoe het julle ontmoet?

Danie: Ek en Esmarie het saam geswot by Kovsies en het mekaar in die klas ontmoet.

Esmarie: Ons het saam regte studeer.  Danie het homself aan my kom voorstel in die klas met die hoop dat ek my notas met hom sal deel.


danie-en-esmarie_0009 danie-en-esmarie_0010 danie-en-esmarie_0011 danie-en-esmarie_0012 danie-en-esmarie_0013


Hoe het julle verloof geraak?

Danie: Ek het vir Esmarie op my plaas gevra om te trou.  Die koppie (ons het dit “Pruimklip” gedoop) waarop ek haar gevra het is my gunsteling plek op die plaas met ‘n uitsig oor die hele plaas.

Esmarie: Danie het my op ‘n koppie op sy wildsplaas gevra.  Hy het vir my gewys dat die Kudu daar in die verte is.  Toe ek omdraai, toe staan hy op sy knieë.


danie-en-esmarie_0014 danie-en-esmarie_0015 danie-en-esmarie_0016 danie-en-esmarie_0017 danie-en-esmarie_0018 danie-en-esmarie_0019 danie-en-esmarie_0020 danie-en-esmarie_0021


Hoe lank was jul saam voordat julle getrou het?

Ons was 6 jaar saam voordat ons getrou het.


danie-en-esmarie_0022 danie-en-esmarie_0023 danie-en-esmarie_0024 danie-en-esmarie_0025


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Danie : “Pick your fights” en maak seker dat dit waaroor julle baklei die moeite werd is.  Moenie oor klein goedjies baklei wat nie eers môre sal saak maak nie.

Esmarie: Almal het liefde en aandag nodig om in die huwelik te floreer.  Daarom moet mens ‘n punt daarvan maak om kwaliteit tyd saam deur te bring selfs al is dit net om saam te eet (en dan moet die TV natuurlik afgeskakel wees!).


danie-en-esmarie_0026 danie-en-esmarie_0027 danie-en-esmarie_0028 danie-en-esmarie_0029 danie-en-esmarie_0030 danie-en-esmarie_0031 danie-en-esmarie_0032

    Artikel Diensverskaffers:

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    • Venue: Pepper Tree
    • Blomme: Rosepark Floral Design
    • Dekor:Grand Room Design
    • Klank: Starsound
    • Beligting: Drape.Inc
    • Trourok en skoene: Olivelli Bloemfontein
    • Bruidsmeisierokke: El Heathcote Designer Wear
    • Skryfbehoeftes: Feld Creative
    • Fotograaf: Mandie Niemann
    • Videograaf: Fascination Pictures
    • Gastehuis (meisies): Liedjiesbos
    • Gastehuis (mans): Slot Loevenstein
    • Troukoek: Gizelle’s Cake and Cookies
    • Bruidsmeisies se hare: Anel Prinsloo
    • Bruid se hare: Le Studio Coiff
    • Houtbordjies (“Welkom by ons troue”): My oupa (John Buckley)