Coetzee en Lusél sweer die ewige eg aan mekaar voor familie en vriende in die mooiste kerk in Oudshoorn. Dis baie min wat ons hier by Mooi Troues sulke ou mooi kerke kan deel, want sommige kerke is fotos ontoelaatbaar.
Ons hoop julle geniet die troue en sien hoe word ‘n troue gevier in die mooie Tuinroete.
Hoe het julle ontmoet?
As iemand vra hoe ons ontmoet het sal ons altwee sê, “Ek weet nie regtig nie!”. Ons het jare terug deur vriende ontmoet. Ons paaie het nie gou weer gekruis nie. Coetzee was van Oudtshoorn en ek het toe gestudeer op Stellenbosch. Na Stellenbosch het ek op ‘n passasier skip gaan werk. Ek het een vakansie huis toe gekom in Mosselbaai en hom gevra om saam met my na ‘n troue te gaan, ons het geen kontak vir so drie-jaar gehad nie, hy was toevallig na dieselfde troue genooi. “It was meant to be!”
Hoe het julle verloof geraak?
Ons het een naweek gaan kamp op ‘n plaas wat my pa gehuur het. Daar is geen selfoon sein nie. Net voordat ons uit die laaste sein gegaan het, het ek vir Coetzee gevra om saam met ons te kom kamp. Hy het toe opgedaag en hier het ons liefde begin groei. Hy het my heeltemal onkant gevang, toe hy my een Saterdag terugneem na die kampplek om kamma na my pa se bokke te gaan kyk, hy het my hier gevra om te trou.
Hoe lank was jul saam voordat jul getrou het?
Ons het seker net so bietjie meer as ‘n jaar uitgegaan. Ek het intussen nog gewerk op die passasier skip. Dit was nie altyd so maklik nie, maar as jy daardie spesiale persoon ontmoet het is alles die moeite werd en maak afstand nie saak nie.
Advies wat jul aan ander paartjies kan gee wat nog moet trou?
Dit is die mees wonderlikste tyd in jou lewe. Hier begin jy as paartjie reeds keuses saam maak. Geniet elke oomblik, maak die beste van julle groot dag. Almal sê dit gaan vinnig verby, maar dit is rêrig so. Deur die loop van jou groot dag/aand vat mekaar se hand en kyk na alles en neem dit in. Julle moet vir julleself se dit is ons dag. Geniet die fees van liefde saam met julle families en vriende.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue & Spyseniering: Oppie Plaas Venue
- Rok: Bridal Inn
- Fotograaf: Elmine Botha
- Vidoegraaf: Vuyani Stories
- Grimering: Delene’s Hair Design “air brush make-up”
- Hare: La Tomé
- Musiek: Jacques “jakkals”
- Dekor: OppiPlaas Venue &, Juanita Marx Verhurings