Ons by Mooi Troues is absoluut mal oor die agtergronde van Charl en Suré se verlowing fotosessie. Die kontras van die groen woud teen die verlate gebou maak die verlowing fotosessie baie interessant en dit is nie matig nie. Ons deel die verlowing fotosessie met julle vir inspirasie. Onthou, mens kan nooit te veel fotos hê nie! So gryp jou liefie en gaan doen ‘n fotosessie.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ek en Charl het in 2008 in Stilbaai op oujaarsaand ontmoet. Ons het die hele aand saam gekuier en reeds na die eerste ontmoeting het Charl gesê dat hy met my gaan trou. Ons eerste afspraak vroeg in 2009 het egter nie verloop soos beplan nie en het ons besluit om eerder net vriende te wees. Drie jaar later het my oë oop gegaan en het ek die man van my drome in my beste vriend gekry.
Hoe het julle verloof geraak?
Charl het my gevat na hul familieplaas, om die naweek daar te spandeer. Ek was onder die indruk dat ons die kameelperd-kalfies gaan soek, min wetend dat hy reeds alles voorberei het vir die groot vraag. Hy het my gevat om die sonsondergang te kyk, ‘n bottel wyn oopgemaak, ‘n bordjie eetgoed uitgepak en voor sy moed hom kon begewe die ring uit sy sak uit gehaal. Ek het natuurlik tussen die trane deur ja gesê.
Wanneer beplan julle om te trou?
Ons het 17 September 2016 by The Silver Sixpence naby Dullstroom getrou.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Carla Diener