Na ‘n vriendskap wat gelei het na ‘n hegte verhouding het Thys en Carina die knoop deur gehaak op ‘n prentjie mooi dag in die mooie Paarl.
Ons hou baie van die kapel wat toegangbaar is oor ‘n bruggie en in die middel van ‘n dam kan paartjies voor hul vriende en familie die ewige eg sweer. Die majestueuse tuine is is ideaal om mooi kiekies te kry wat jou vir jare gaan hou om jou kinders en klein kinders te wys. Die dekor van die onthaal is sag met ‘n vintage gevoel.
Geniet die fotos.
Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?
Ons het mekaar ontmoet by ‘n vriend van ons wat ons albei geken het by ‘n braai Van daar af het ons mekaar kort kort gesien en op ‘n dag het ons nommers geruil en begin praat en saam uitgaan. Ons was vriende vir ‘n rukkie en toe het hy my uitgevra…en 10 jaar later het ons getrou.
Wat was die inspirasie vir die tema van die troue?
Die liefde wat ons het vir mekaar, ons hou van eenvoud, maar ek het ‘n oog vir detail, maar die hart tema was ons liefde vir mekaar twee harte wat een word. Ons hou van die buite lewe, so dit is hoekom ons ‘n venue gesoek het waar ons buite kon trou.
Was julle met wittebrood?
Ja ons was weg na Zanzibar, dit was ongelooflik verby, dit het nie na veel gelyk toe ons daar gekom het nie, maar die see en blou waters by die oord is asemrowend, die mense is so gaaf en wil net help en hulle kultuur vir hulle land is so mooi. Ek sal definitief weer gaan. Ons was by Melia oord gewees, en dit was wonderlik gewees, die hotel was so mooi en ons het so lekker ontspan daar.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Maak altyd tyd vir mekaar, die lewe kan so besig raak met werk en ander goed, maar wees altyd daar vir mekaar, daar is niks beter in die lewe as om iemand te hê wat jou oneindig lief het en wat jou altyd eerste sal stel in die lewe nie, maak nie saak wat gebeur nie bly lief vir mekaar.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Zonnevanger Paarl
- Blomme: LOL Flowers
- Troukoek: Laura – Cake Couture
- Platejoggie: Deejays Paarl – DeeJays Music
- Trourok: Anje Bridal Couture
- Fotograaf: Carla Diener photography
- Trouskoene: Anella wedding shoes
- Grimering: Michelle Be Adrore Beautyl