Richard & Samantha se selfdoen troue

Richard en Samantha het ‘n baie mooi liefdes storie wat julle hieronder kan lees.  Ons sê baie dankie aan die fotograaf wat die liefde tussen Richard en Samantha vasgevang het op die mooiste kiekies.

Hulle het ‘n selfdoen troue gehad en deel graag hul advies met paartjies wat ‘n troue beplan.

Richard and Samantha_0002 Richard and Samantha_0003 Richard and Samantha_0004 Richard and Samantha_0005 Richard and Samantha_0006 Richard and Samantha_0007 Richard and Samantha_0008 Richard and Samantha_0009 Richard and Samantha_0010 Richard and Samantha_0011

Hoe het julle ontmoet?


Ek was ‘n stad-meisie en die enigste kind, totdat ek so geseënd was om ‘n aangenome broer by te kry.  Hy was die beste beste ding wat nog ooit gebeur het in ons gesin.  Ons het nooit as ‘n gesin gaan kamp nie.  My ma het ‘n brein aneurisme gehad voor my geboorte en het haar hele regterkant verlam gelaat.  Hierdie soort aktiwiteite was dus nie baie gemaklik vir haar nie.  Die lewe van modder, avontuur en vrye wil was vir my baie aanloklik!  Ek het op Stellenbosch gestudeer en tog gehoop om hier ‘n plaasseun van my drome te ontmoet.

Een aand het ons as ‘n groep kolegas bietjie uitgegaan om die aand te geniet in Clairmond se hoofweg.

Richard het na skool bemarking studeer en halfpad deur ‘n lesing het hy eendag uitgestap en besluit dit was nie vir hom nie.  ‘n Paar naweke later het hy ingeskryf om verder te studeer in Wildbewaring en Oord Bestuur.  Sy loopbaan as ‘n wildbewaarder het in die Oos-Kaap bein, gevolg deur die Kruger Nasionale Park, Tanzanië en toe op na die Kalahari.  Op ‘n verlof-siklus het hy besluit om huis toe te kom.  Sy eerste naweek tuis het hy uitgegaan vir ‘n vriend se verjaarsdag en toevallig is die vriend vandag  getroud met my vriendin. Daar in Tiger Tiger het ons paaie gekruis.

Na ons ontmoeting moes Richard weer terug na Tanzanië vir werk.  Ek het geweet dat hierdie nie die ideale verhouding sou wees nie, maar ek kon hom nie uit my kop kry nie.  Die volgende week was ek op toer met ‘n paar skoolkinders.  Die Donderdag middag voor ons terug sou keer, het ek ‘n oproep ontvang: “Wanneer gaan jy huis toe vanaf die toer?” vra Richard.  “Môre 18:00, dink ek.” was my antwoord.  “Ek sien jou dan 19:00 vir aandete? My goed is gepak in Tanzanië, ek kom huis toe.”  Ek was buite myself van opgewondenheid en ek kon nie glo wat gebeur het nie!

Richard and Samantha_0012 Richard and Samantha_0013 Richard and Samantha_0014 Richard and Samantha_0015 Richard and Samantha_0016 Richard and Samantha_0017

Hoe het julle verloof geraak?


Verlede jaar April vakansie was ons Richtersveld toe saam met vriende.  Richard het gesê voordat ons verloof raak moet ons eers 5-jaar uitgaan.  Mei 2015 was dit toe al reeds 5-jaar.  Ek het geweet dat die ringe gemaak is want ek moes die ontwerp van die ring goedkeur.  Ek het ‘n vermoede gehad dat dit op hierdie vakansie gaan gebeur, maar ‘n mens is net nooit te seker nie!

Na ‘n paar dae van kamp en swem langs die Oranjerivier, wat die mooiste sonsondergange en natuurskoon het, was dit tyd vir ons om na die binneland te beweeg.  Dit is hier waar ek my vermoedens laat vaar het.  As hy wou, sou hy dit al gedoen het.  Die binneland is droog en nie so groen en mooi soos hier nie.  Die volgende dag verlaat ons die Oranje se oewers en vertrek land in.  Wow!  Dit was dit net so mooi.  Ons het by ‘n kloof ongeveer 4 km uit ons kampterrein by Kookaboomskloof, genoem Echo Canon,oornag.

Dit was so so warm.  Ons het teen ongeveer 17:00 die aand afgery om die kloof, verpak ons koeler bokse, kamera toerusting en leiding op ‘n baie klipperige staptog tot ‘n punt waar ons kan sien in die kloof en die sonsondergang op dieselfde tyd te besigtig.  Met koeler bokse en kameras gaan ons toe vir die skemerkelkies.  Ons het ‘n paar fotos met die kamera se self tydhouer geneem en die sonsondergang geniet.  Toe die son gesak het, het dit skielik donker geword en ons vriend wat saam met ons was wou terug gaan na die kamp plek.  Richard het vinnig aan ‘n plan gedink om my bietjie terug te hou.

Richard is baie lief vir fotografie en met die kamera in die hand sê hy vir my dat hy nog net 5 min wil wag na die son gesak het om te sien of die kleure van die lug nie gaan verander nie, want hy wil graag ‘n foto daarvan hê.  Hieroor was ek bietjie kwaad want ek kon hom nie alleen daar los nie en moes vir hom wag.  Hy het my gevra om asseblief te sit op die rand van die rots sodat hy sy fokuspunt reg kon kry en ek moes in die rigting kyk wat hy wou afneem   Hy sê toe op ‘n stadium vir my: “Sam kyk gou hier!” en toe ek omdraai,  toe is  hy op een knie met die mooiste ring en hy het my gevra om met hom te trou!

Dit was die beste dag van my lewe!

Richard and Samantha_0018 Richard and Samantha_0019 Richard and Samantha_0020 Richard and Samantha_0021 Richard and Samantha_0022 Richard and Samantha_0023

Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?


Toe ons begin uitgaan, het Richard eendag gesê dat ons minstens 5-jaar moes uitgaan voordat ons verloof sou kon word.  Dalk wou hy my daarmee afskrik, maar al wat ek gesê het is: “Dis reg met my!”

Richard and Samantha_0024 Richard and Samantha_0025 Richard and Samantha_0026 Richard and Samantha_0027 Richard and Samantha_0028 Richard and Samantha_0029 Richard and Samantha_0030 Richard and Samantha_0031 Richard and Samantha_0032 Richard and Samantha_0033 Richard and Samantha_0034 Richard and Samantha_0035 Richard and Samantha_0036 Richard and Samantha_0037 Richard and Samantha_0038 Richard and Samantha_0039 Richard and Samantha_0040 Richard and Samantha_0041 Richard and Samantha_0042 Richard and Samantha_0043 Richard and Samantha_0044 Richard and Samantha_0045 Richard and Samantha_0046 Richard and Samantha_0047

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?


Probeer spaar waar julle kan!  Daar is baie maniere om koste te besnoei.  Ons het ons blomme vir ‘n totaal van R3 700 gekry en dit self gedoen!  Ek het my rok op ‘n uitverkoping gekoop!  Beperk jou uitgawes deur dekor ensovoorts by mense wat jy ken te leen/te huur en dan verder doen-dit-self.

Byvoorbeeld:

  • Ons geskenkies aan gaste – Mans se kaasborde is deur my skoonpa gemaak.
  • Ons het lanterns uit ou pype gemaak.
  • Ou wynbottels met verf gespuit om blomme in te sit.
  • Ons het piekniek tafels uit ou palette gemaak.
  • My pa het ons blomme gedoen asook 300 hand gevoude voëls en bunting orals gehang vir versiering…’n mens kan goedkoop weg kom as jy dinge self doen.

Richard and Samantha_0048 Richard and Samantha_0049 Richard and Samantha_0050 Richard and Samantha_0051 Richard and Samantha_0052 Richard and Samantha_0053 Richard and Samantha_0054 Richard and Samantha_0055 Richard and Samantha_0056 Richard and Samantha_0057 Richard and Samantha_0058 Richard and Samantha_0059 Richard and Samantha_0060 Richard and Samantha_0061 Richard and Samantha_0062 Richard and Samantha_0063 Richard and Samantha_0064 Richard and Samantha_0065 Richard and Samantha_0066 Richard and Samantha_0067 Richard and Samantha_0068 Richard and Samantha_0069 Richard and Samantha_0070 Richard and Samantha_0071 Richard and Samantha_0072Richard and Samantha_0073 Richard and Samantha_0074 Richard and Samantha_0075 Richard and Samantha_0076

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Ronel Strauss Photography
  • Rok: Bride & Co.
  • Grimering: Bernice at Wonderfully made
  • Hare: Biance
  • Skoene: Woolworths
  • Strooimeisie rokkies: YDE
  • Pakke: Suit Hire Canal Walk
  • Skryfbehoeftes: The Confetti Lab
  • Blomme: Engelke Flowers
  • Verhurings: Carin Groenewald verhurings

[endsection]