Jy moet weet dis ‘n besonderse Mooi Troue as een van die Groot Vyf in die fotos is. Nick en Michelle het my die luukse Askari Game Lodge and Spa eg gesweer voor al hul vriende en familie en ‘n Olifant was ook getuie van hul liefde. Soos die gesegde gaan ‘n Olifant vergeet nie. Ons sê baie dankie aan die talentvolle Anne Grace Photography wat die troue op kamera vasgelê het en ons die voorreg gebied het om dit met ons lesers te kon deel. Ons weet julle sal Nick en Michelle se mooi troue geniet soos ons dit geniet het.
Vertel ons hoe het julle ontmoet?
Ek en Nick het in Augustus 2007 ontmoet. Vriende van ons het ‘n blinde afspraak gehad en ons het afsonderlik hul albei vergesel, dit was die noodlot dat ons daardie aand ontmoet het en ons word na nege jaar nogsteeds verlief elke dag.
Watter eienskappe het jou aangetrek na jou maat?
Persoonlikheidseienskappe: Nick se humor, romanse, liefde vir die lewe en sy begeerte vir avontuur. Michelle se unieke manier van omgee, haar vinnige geestigheid, aandrywing om te slaag en haar mededingendheid.
Tema van julle troue
Die inspirasie vir ons tema was die Protea blom en ons liefde vir die natuur. Die sagte pienk skakerings van die Protea, het ‘n gevoel van skoonheid en romanse na ons bos seremonie gebring. Ons het die sagte pastel kleure in ons trou dekor geïmplementeer.
Waarheen het jul gegaan vir jul Wittebrood?
Ons albei het ‘n groot liefde vir toer. Vir ons wittebrood het ons besluit om New York en haar kultuur te ontdek. Ons het ons wittebrood af geëindig vir ‘n reis na Bahamas te ontspan op die wit sand en oseaan.
Advies wat julle kan gee aan paartjies wat nog moet trou?
Eerstens, maak seker jy bespreek al jou gunsteling diensverskaffers in die begin om te verseker dat jy nie teleurgestel word omdat hulle waarskynlik redelik vinnig sal bespreek word. In die tweede plek, geniet die beplanningsproses en moenie toelaat dat ander menings en idees julle weg stuur van wat julle wil hê, aan die einde van die dag is dit jou troudag en een wat jy nooit sal vergeet nie. Laastens, onthou om elke oomblik van jou troudag te geniet, dit gaan so vinnig.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotografie: Anne Grace Photography
- Venue: Askari Lodge
- Hare en Grimering: Erin Smylie
- Videograaf: Barefeet Videography
- Blomme en Dekor: Pebble and Lace
- Trou rok: Amber Rain Bridal