Dit gebeur baie dat iemand ‘n oog het op ‘n ander persoon en wonder of die persoon ooit weet jy bestaan… Al wat dit soms neem is ‘n bietjie moed en jy sal aangenaam verras word dat eintlik ‘n wedersydse gevoel is.
Dit is die storie van Sonja en Leon wat jul gerus onder meer van kan lees en Sonja vertel graag wat haar aandag na Leon getrek het.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Dit was 2008, so 7 jaar terug toe ek Leon vir die eerste keer ontmoet, ons was albei in dieselfde skool. Ek het altyd geweet van hom, maar nie so seker hy het ooit geweet wie ek was nie, hy was ‘n senior 2 jaar ouer as ek. Ek het die grootste hoërskool crush op hom gehad en nooit gedink hy sou belangstel in my nie! Om n lang storie kort te maak ek het op een of ander manier sy aandag gekry. Hy was maar ”n skaam seuntjie as dit kom by meisies, so was makliker as wat ek gedink het. Ons het dadelik gekliek, ek was dol verlief, alles van hom was perfek! Sy skaam mondjie as hy met my praat, sy snaakse neusie, groen ogies en krul hare!!
Hoe het julle verloof geraak?
Ons was laas jaar Oktober op ‘n familie vakansie Botswana toe, ons het die Delta en Chobe getoer saam Leon se ouers. Ons het op ons laaste dag in Botswana besluit om Victoria Valle toe te gaan vir die dag, aangesien ons so naby aan dit was kon ons dit net nie mis nie. Dit was by Victoria Valle die agste uit kyk punt as ek dit nie verkeerd het nie (hoof uitkyk punt) waar hy toe afgaan op een knie en my vra of ek sy vroutjie sal wees. Natuurlik het ek “JA!” gesê met trane in my oë! Ons het daarna dit gaan vier saam sy ma’lle in Zambië met ‘n koue “Mosi” (Zambiese bier) in die hand, dit was wel een van die warmste dae wat ons nog daar beleef het.
Wanneer beplan julle om te trou?
7 Mei 2016 by Vredenheim wynplaas, Hudson’s trou venue, Stellenbosch.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Fraai Photo and Design