‘n Goeie fondasie is bitter belangrik vir enige verhouding en ‘n persoon moet nie verblind word der verliefdheid as dit kom om ‘n romantiese maat te kies nie. Leer mekaar se morele waardes ken en maak seker jul het dieselfde belangstellings en uitkyk op die lewe.
Ons deel graag die fotosessie van Jacques en Candice met jul want hulle het pret gehad voor hul fotograaf se kamera.
Hoe het hulle ontmoet?
Candice en Jacques se paadjies het gekruis op verskeie tye toe hulle grootgeword het, en snaaks genoeg was hulle in dieselfde laerskool en voorbereidings skool. Dis eintlik eers na skool waar die belangstelling begin het, maar hulle het altyd gemeenskaplike vriende gehad.
Toe hulle op kollege was, het Jacques ‘n vriend gehad wat in dieselfde kollege was, waar Candice studeer het, en so het ‘n vriendskap begin van baie geselsies, en Steri Stumpie afsprake op die kollege kampus se kafeteria.
Dit was die begin van baie lang pad reise van Jacques se kant af Paarl toe waar Candice toe gebly het, ure lange geselsies en baie geduld van Jacques se kant af, want Candice was toe egter nog nie heeltemal oortuig nie. Candice het begin hou van die aandag en Jacques het later begin belangstel in iemand anders, Candice het toe besef dit voel nie reg om hom potensieel saam met iemand anders te sien nie, en hulle het toe begin uitgaan.
Hoe het hulle verlief geraak?
Jacques – die morele waardes wat hy in Candice gesien het. Hy het gebid vir die regte vrou en was in dieselfde kerk, haar liefde vir God en hulle morele waardes wat dieselfde was.
Candice – Jacques se sin van humor, sy geduld en die feit dat hy haar lief gehad het deur al haar onsekerhede. Sy het besef Jacques het die kwaliteite wat sy in ‘n man wil hê en hy het haar soos n prinses behandel.
Advies vir ander paartjies:
Om eers vriende te wees en ‘n vriendskap te ontwikkel tot albei partye heeltemal reg is vir die volgende stap.
Van Candice se perspektief af – Om toe te laat dat die man jou najaag en nie toe te laat dat romantiese gevoelens jou oordeel beïnvloed nie, maar eers ‘n goeie vriendskaplike verhouding te bou eers.
Inspirasie agter die fotosessie
Candice en die fotograaf Nelani is beste vriendinne en Nelani wou graag ‘n fotosessie gedoen het met hulle twee, wat pret is en die persoonlikhede van die paartjie uitbeeld.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Nelani van Zyl