Frans en Juanita is ‘n paartjie wat “slimkoppe” is en mekaar ontmoet het terwyl hul B-Rek geswot het. Ons glo ‘n studiegroep het uit net die twee bestaan en daar was meer bereken as net nommers, so het die gebeure ons gebring tot ‘n mooi sonskyn dag in die Riebeeck Vallei waar die paartjie eg aan mekaar gesweer het voor al die mense na aan hul.
Dit is ‘n baie oulike plaas troue en ons weet jul sal die foto’s en die liefdesverhaal baie geniet.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Net na matriek was ons albei Durbanville Kollege toe met die groot plan om ‘n graad huis toe te bring. Die eerste paar maande van student wees het verbygegaan, maar B-Rek was nie al wat ons geswot het nie…
Teen die einde van ons eerstejaar, het ons ook hartsake dieper bestudeer! Ons verhouding het ontwikkel en gegaan van klasmaats tot sielsgenote en dit was net die begin van ‘n opwindende liefdes-loopbaan.
Hoe het julle verloof geraak?
Saterdag, 31 Januarie 2015, probeer Juanita my oortuig om vroegoggend saam met haar ‘n “parkrun” te doen – minwetend ek het groter planne vir daardie oggend… Na ‘n lang gewik en weeg oor hoe dit moet gebeur, besluit ek toe om dit eenvoudig te hou sodat sy niks moet vermoed nie. By die huis word daar kerse gepak vanaf die motorhuis tot in die sitkamer waar ek ‘n groot bos rose en klein swartbordjies waarop daar staan “SAL JY MET MY TROU???” uitgepak het, terwyl ek op die een knie met die ring gestaan het om haar te vra.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was so 9 maande verloof, maar op ons troudag was ons bietjie langer as 7 jaar saam.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Trou reëlings is harde werk, maar dis ‘n heerlike en spesiale tyd, so geniet elke oomblik daarvan! Moenie bekommerd wees as iets skeefloop op julle Groot Dag nie, net julle sal weet hoe dit veronderstel was om te wees … Koester elke oomblik van julle troudag, want dit vlieg verby!
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Delsma Farm, Riebeeck Wes
- Fotograaf: Jana Marnewick Photography
- Grimering: Aletha Augustyn Professional Makeup Artist
- Hare: Peter (Salon Catwalk)
- Trourok: The Wedding Boutique
- Blomme: Alida Treurnicht
- Koek: Jeanelle Groenewald (Cuppalove)
- Plattejoggie: DJ Joe SA (Juan Steyn)