Ons deel die selfdoen troue vandag van Corné en Chené wat by Cussonia Crest gehou was. Die trouvenue is geleë naby die Magaliesberge en met pragtige tuine is dit ʼn wonderlike plek vir fotos. Airbrush Makeup by Lauren het Chené prentjie mooi gereed gehad vir die pragtige fotos wat jul hier onder sal sien. Ons hou baie van die “trou-kar”, wanneer laas het ʼn bruid haar gaste gegroet in ʼn Donkie-Kar?
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het mekaar by die werk ontmoet (Kolomela Myn, Noord Kaap) in 2013.
Ek het hom per ongeluk een dag oom genoem en hy was nie baie in sy noppies met my niée, maar vir hom was dit “love at first sight”. Corné het my nommer by ‘n mede kollega gekry en het talle maal vir my gevra of hy kan kom koffie drink maar ek wou net van niks weet nie. Hy het nie opgegee nie en toe ek uiteindelik instem vir daardie koffie afspraak het ons baie lekker gesels en hy was ‘n regte heer gewees. Hy het nog een aand vir my gesê, “Jy gaan sien, jy gaan nog eendag lief word vir my!” en so het dit waar geword … ek was smoorverlief.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons huis is reg langs ‘n Natuur Reservaat en hy het net een Vrydag besluit ons gaan ‘n entjie stap met ons vier voet kinders (Trompie & Chleo). Ons het gaan soek vir die bokkies in die Natuur Reservaat en nadat ons hulle dopgehou het vir so halwe uur was ons weer op pad huis toe. Corné het net ewe-skielik gestop onder ‘n groot boom en toe ek omdraai was hy op een knie met ‘n skitterende ring in sy hand. Ek het dit glad nie verwag nie. Ek het myself boeglam geskrik maar was so opgewonde en gelukkig!
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was drie jaar en sewe maande saam voordat ons getrou het.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Ek en Corné het baie geleer in die kort tydjie wat ons saam was. Vertroue en respek is baie belangrik asook om saam te groei in geloof. Kommunikasie is een van die grootste elemente wat ons verhouding ‘n sukses gemaak het. Corné is my beste vriend en ek deel alles met hom. Vat dit ook rustig met die beplanning van julle groot dag. Dit moet nie ‘n kopseer word nie maar ‘n lekker ervaring wat julle vir altyd kan onthou.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Hare & Grimering: Airbrush Makeup by Lauren
- Venue: Cussonia Crest
- Strooimeisie rok: Gelique
- Fotograaf: Megan Ann Photography
- Trourok: Radiant Brides
- Blomme & Dekor: Selfgemaak
- Uitnodigings: The Le Goff Collection
- Platejoggie: Fame Productions